In die Kelder ...

Dis middernag.. Donng... donng... donng...
Doodse stilte, dan 'n kraakgeluid by die houttrap
Die kerse flikker, ek ril, dan verskyn hy - die skim !

Views: 133

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on March 18, 2013 at 4:17pm

Plesier - geniet die oefen !

Comment by Anita du Toit on March 18, 2013 at 2:39pm

Baie dankie Charles vir al die inligting, ek gaan dit nodig kry want dis een van ons onderwerpe by die fotoklub in Mei, so ek gaan lekker oefen. Ek WAARDEER DIT BAIE

Comment by Charles Whitehead on March 18, 2013 at 10:34am

Goed gedoen Marietjie - ek hou nogal van die atmosfeer wat die foto skep. Jammer jy het nie 'n foto van die "skim" nie :-)

Anita - die halo op die vlam word maar veroorsaak deurdat die vlam baie helder is en dan oorbeligting veroorsaak. Soms dra die halo egter by tot die foto soos in die een van Marietjie. Die vlam lyk hier "warm" met die gloed of halo rondom.

Die kamera lees oorwegend 'n donker foto en probeer dan die beligting algeheel optel en oorbelig dan die vlam. Ook kan jy jou kamera se beligting op "spot" verstel om slegs die vlam se lig te lees. Die beligting is hoofsaaklik in so geval gekoppel aan die fokuspunt.

Wat jy ook kan doen is maar om die kamera op manual te stel en dan maar te speel. Begin op ISO 100-200, f5.6 en speel met die shutter vanaf so 80 tot 200ste sekond. Indien jy flash gebruik gaan jou shutter beperk wees tot sowat 200ste sekond. Verder kan jy dan hier die aperture begin verstel. Dit bly mos lekker om te speel tot jy die beligting reg kry

Nog 'n manier om die halo te beperk is om die omgewing te belig met flash om die kontras tussen donker en die vlam van die kers te verminder, maar dis nie altyd die effek wat verlang word nie. mens moet maar speel en 'n balans probeer vind

Comment by Marietjie Whitehead on March 17, 2013 at 8:26pm

Baie dankie Hennie, Gerrie, Donald, Anita en Henk vir jul kyk en kommentaar - dit word baie waardeer.  Die waarheid agter die storie is dat die foto wel in 'n ou kelder geneem was en dat ons vriendin wat terselfdertyd daar was, nie gou genoeg daar uit kon kom nie ! Aan die bopunt van die ou trap, het sy ons meegedeel dat sy nooit weer ondertoe sal gaan nie - iets daar is volgens haar nie pluis nie en sy het dit sterk aangevoel !

Comment by Henk Pretorius on March 17, 2013 at 6:48pm

Mooi foto en oulike storie...wag in spanning op die opvolg op jou storie...

Comment by Anita du Toit on March 17, 2013 at 6:17pm

Pragtig gedoen met die oranje kleure agter wat voor herhaal in die staander. Ek kry dit nou net nie reg om 'n brandende kers af te neem sonder die "halo" om nie.

Comment by Donald Daniel Jacobs on March 17, 2013 at 5:15pm

Pragtig. interresant die rooi kers wat wit was af tap en die agtergrond, jammer die beeld is nie volledig

Comment by Gerrie Lambrechts on March 17, 2013 at 2:00pm

Pragtig, kleure smelt mooi saam, die agtergrond lyk meer na ’n sy/skim.

Comment by Hennie Cronjé on March 17, 2013 at 1:45pm

Pragtig! Jy het die beligting en komposisie baie goed hanteer. Dankie ook vir die rympie wat mooi inpas.

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html