Op oad met ons blommekyk ekspedisie, het ons 'n GROOT draai deur die Karoo gery. Dis duidelik dat die meeste dorpe maar swaarkry, maar dit het die uitstekende onderhoud op (veral) die NG Kerke net onderstreep. Ons was gelukkig genoeg om ook die binnekant van hierdie kerk te sien. Hy het 'n baie imposante en glo, uitstekende, orrel. Dit volgens Prof Albert Troskie, 'n groot kenner op die gebied. Die kerk sit seker naby aan 'n 1000 mense met sy drie gallerye.

Views: 50

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Henriette Visser on October 19, 2020 at 1:48pm

Dankie almal. Dit was nou vir my 'n lekker oefening. Ek sal bietjie moet gaan google om Donald se vaardigheid aan te leer!

Comment by Tersia Weitsz on October 19, 2020 at 12:36pm

Henriette, jammer my woord keuse was verkeerd,  gelukkig het jy verstaan distorsie en ek sien Donald het gehelp

Comment by Donald Daniel Jacobs on October 19, 2020 at 10:45am

Comment by Donald Daniel Jacobs on October 19, 2020 at 10:12am

dankie vir die herplasing na die takkies verwyder is

Comment by Magda vd Merwe on October 18, 2020 at 3:07pm

Henriette ek hou van die takkies, vir my gee dit karakter en balans. Goed gedoen

Comment by Gerrie Lambrechts on October 18, 2020 at 12:04pm

Goeie foto vd pragtige kerk. Was seker vorige jare vol gemeente lede.

Comment by Hennie Cronjé on October 18, 2020 at 11:29am

Wat 'n pragtige gebou met uitstekende balans. Die lig het jou goed behandel met mooi kontraste. Dit gee amper 'n 3D-effek. Die onderste foto is ook mooi, maar ek hou meer vd boonste een. Baie goed gedoen!

Comment by Henriette Visser on October 18, 2020 at 10:58am

Nou is my boodskap afgesny. Dankie Donald en Tersia. Hieronder my 'huiswerk' soos julle voorgestel het. Tersia, ek is nie seker wat jy bedoel met 'regtrek' van die kerk nie. Sover ek kan sien is my horison reg. Bedoel jy die distorsie van die gebou? Indien wel, sal ek hulp waardeer om te leer hoe om dit te doen.

Comment by Henriette Visser on October 18, 2020 at 10:54am
Comment by Tersia Weitsz on October 18, 2020 at 10:31am

Toring mooi in die middel geplaas van die mooie kerk, ek stem saam met Donald oor boonste takkies.  Ek weet daar is edit programme waar jy die hele gebou kan regop trek, maar ek kan jou nie daarmee raad gee nie.  Nogtans goed gedoen Henriette

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html