Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Die olifant se slurp, wat sowat 140 kilogram weeg, is al “die veelsydigste en nuttigste aanhangsel op die planeet” genoem. Hierdie veeldoelige instrument kan dien as ’n neus, ’n strooitjie, ’n arm of ’n hand. Die olifant kan daarmee asemhaal, ruik, drink, gryp of selfs kliphard trompetter!
Maar dit is nie al nie. Die olifant se slurp bevat ongeveer 40 000 spiervesels wat dit in staat stel om in enige rigting te beweeg. Die olifant kan ’n klein muntstukkie met die punt van sy slurp optel. Maar hy kan sy slurp ook gebruik om ’n gewig van tot 270 kilogram op te tel!
Tags:
Comment
Dankie vreeslik vir al die raad & komplimente. Ek het die by Tshukudu Game Lodge afgeneem. Die olifant koei het op ons "Game Viewer" afgestorm. Toe moes ek my kans gebruik
Dis nou sommer iets anners! VWD!
Dankie vir die inligting Numanri, dit is baie interessant.
Hier het jy 'n heel ander ontwerp as wat 'n mens normaalweg sien wat trefkrag gee!
Pragtige foto, met interessante detail.
baie oorspronklik!
i like
I like.
Baie mooi komposisie.
Hierdie is uitstekend, skerp fokus, pragtige beligting, tekstuur van vel en daai haartjie bo, werk heerlik saam, die agtergrond is skitterend. Baie dankie vir die inligting
Pragtige foto. Lig, eenvoud, komposisie baie mooi. Baie mooi skerp. Net die grein op die fotp wat so klein bietjie pla.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool