Baie dankie vir elkeen se kommentaar by Nixon se foto!

Ek was nie voorbereid op die leeumannetjie se gaap nie, so dit was 'n geval van "gryp die oomblik" Daar was ongewenste skaduwees, en slegs die fokus op die mannetjie se gaap was skerp, so doen die skaduwees sowel as die uit-fokus wyfie afbreuk aan die oomblik? Hoor graag julle mening Fotoskolers.

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on March 21, 2020 at 12:04pm

Pragtig - jy het die oomblik goed benut. Ongelukkig het die meeste van ons nie die geleentheid om oor 'n lang tydperk op 'n spesifieke plek die diere in al hulle buie af te neem nie (ek is bitter bly daar is mense wat dit wel kan doen ek bewonder mense soos Hannes Lochner se toewyding, passie en geduld!)

Comment by Tersia Weitsz on March 21, 2020 at 11:38am

Jy het die beste van die saak gemaak en  met goeie resultate...

Comment by Gerrie Lambrechts on March 21, 2020 at 11:09am

Baie mooi mik en druk foto.

Comment by Elna Geringer on March 21, 2020 at 4:10am

Rika, as jy gaan wag vir die "regte" oomblik om leeus af te neem gaan jy dalk 'n tydjie wag. Hierdie is so tipies waar hulle gewoonlik is. Die gaap vertel nogal 'n storie van "magie vol, ogies toe". Jy het 'n oomblik gehad om die foto te neem en jy het gewen daarmee. Lieflik, ek hou hiervan

Comment by Donald Daniel Jacobs on March 20, 2020 at 8:54pm

pragtig

Comment by Hennie Cronjé on March 20, 2020 at 6:47pm

Die gaap vertoon baie sterk en verdun die ander negatiewe aspekte. Jy kan die tong bietjie ligter maak, maar verder is dit baie mooi.

Comment by Doretha Kock on March 20, 2020 at 1:27pm

Rika, goeie oomblik geneem en ek dink die aksie trek genoeg aandag na die leeu toe.

Comment by Hans Myburg on March 20, 2020 at 1:01pm

Ek voel ook soms so.Goeie foto met aksie mooi gevang,alhoewel die son baie skerp was.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html