Gou afgery see toe vanaand en net betyds die son gevang - ek het die son en wolke in die middel geplaas, derde reël seker nie altyd van toepassing nie, dit is vir my die fokus punt - Canon 800D F-8.0 S-1/125 ISO-100 - Tripod gebruik
Comment by Hennie Cronjé on November 20, 2020 at 7:43am
Wanneer mens ‘n landskap (seeskap hier) afneem, moet jy dink oor waar om die horison te plaas. Vra jouself wat wil ek wys en waar lê die interessante detail? As dit in die lug is, moet die horison baie laag kom en andersom. As beide interessante detail in het wat jy wil wys, kom die horison in die middel. In jou foto kon jy gevoel het jy wil ook die see wys, maar weens die helderder lug, het die see onderbelig uitgekom. Aangesien die horison skerp is, sal dit maklik wees om die see in iets soos Photoshop te selekteer en ligter te maak. Oor die algemeen moet mens vir sonsondergange onderbelig met die ligskuif (+/- knoppie) op -1. Oor die reël van derdes: ons reëls is slegs aanbevelings. Jy moet altyd die vryheid van eie smaak kan behou.
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool