Ek het hierdie piepklein spinnekoppie ontdek toe ek 'n potplant natgegooi het. Ongelukkig het die harde lig in die middel van die dag my geen gunste bewys nie - ek dink ek moet hom weer gaan soek wanneer die lig beter is. Weet iemand dalk watse soort spinnekop dit is?

Views: 28

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Martie Venter on August 2, 2020 at 7:48am

Dankie Josef, Hennie, Anita, Elna, Gerrie en Riaan! Riaan - baie dankie vir jou moeite met identifikasie en verdere inligting oor hierdie interessante spinnekoppie. Ek is ook maar skrikkerig vir spinnekoppe (veral grotes en giftiges) - dis net my belangstelling in fotografie wat my dryf om daardie vrees te bowe te kom wanneer so 'n geleentheid opduik. Sy was besonder geduldig met my, want met die 35mm-makrolens wat ek tot my beskikking het, moes ek baie naby kom om haar vas te lê. 'n 100mm-makrolens is eerste op my wenslys wanneer my skip inkom:).

Comment by Riaan on August 1, 2020 at 8:42pm

hey Martie wat 'n skitterende een van hierdie klein spinnekop. wat spesiaal maak is die feit dat hulle inderdaad soos jy gemeld het maar klein is 5+ mm en tog is veral die uiters sensitiewe sensoriese stekels op die bene pragtig sigbaar. sy is een van die Tierspinnekoppe, op Engels Lynx Spiders, en veral hierdie een is baie algemeen as jy gaan soek vir hulle. weet nie of jy soos meeste mense uiters grillerig vir spinnekoppe is, maar as jy is haal ek my hoed vijou af dat jy moeite gedoen het om haar so pragtig te kliek.

Comment by Gerrie Lambrechts on August 1, 2020 at 9:40am

Goeie foto, tot die ogies is skerp.  Bly maar vir my grillerig.

Comment by Elna Geringer on August 1, 2020 at 4:38am

Baie goed raak gesien Martie. Die guru wat jou met die naam kan help gaan Riaan wees

Comment by Anita du Toit on July 31, 2020 at 10:50pm

Dit is 'n uitstekende foto Martie!

Comment by Hennie Cronjé on July 31, 2020 at 2:18pm

Ek ken hom ook nie. Dis 'n besondere spinnekoppie met die "dorings" aan sy beentjies. Die baie goed gefotografeer. Mooi!

Comment by Josef Steyn on July 31, 2020 at 2:15pm

Ken hom nie maar 'n pragtige skerp foto Martie. Ek sien geen negatiewe effek van die lig nie. In die winter is selfs middel-van-die-dag-lig nog steeds nie baie hard nie. Ek hou van jou foto.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html