Die druppel pas dalk ook in by beweging?

Views: 51

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on August 27, 2020 at 7:00am

Net nog iets: jy kan oorweeg ok hierdie foto in portret formaat te sny. Die rede is dat die groot helder area links onder sterk aandag trek.

Comment by Hennie Cronjé on August 27, 2020 at 6:59am

Uitstekend! Baie mooi skerp op die druppels met mooi lig en beligting. Dit kan pas by die tema. Baie goed gedoen!

Comment by Dine Potgieter on August 26, 2020 at 10:33pm

Pragtig - die agtergrond maak dit ietsie meer as net die klassieke druppelfoto.

Comment by Riaan on August 26, 2020 at 8:49pm

skitterend en nogmaals skitterend JJ, behalwe die tegniese volpunte sal hierdie een my na die naaste sjokolade laat gryp. jammer ek doen dit hier maar kan ons op Whatsapp dalk weer die Mercedes blikmotor ding aan die gang kry?

Comment by Tina le Grange on August 26, 2020 at 8:35pm

JJ, soos ek jou kreatiewe idees ken, is hierdie weer eens 'n wenner en ek stem saam met Josef en Johan se kommmentaar.

Comment by Johan Ayres on August 26, 2020 at 8:31pm

Baie geluk met 'n skitterende foto. Die boonste druppel staan baie mooi uit. Die pragtige effek van lig en kleur maak hierdie foto 'n wenner. 

Comment by Josef Steyn on August 26, 2020 at 7:41pm

Dis 'n pragtige foto JJ en jy het goed gedoen om dit te kon kry. As ek na die agtergrond kyk word daar meer beweging geïmpliseer as in die druppel wat in die lug gevries is. Die agtergrond impliseer vir my roterende beweging, asof dit in die rondte tol.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html