Langs die pad, sou ek haar vind
gebukkend, soekend tussen rommel
'Seblief tog, net ietsie vir die kind...
Dan skielik is hy daar, dog pap, gefrommel

Weggeebal, weggooibal, wie gee om
Die blydskap al te groot
Kom julle, kom !
Dis amper so goed soos brood

Hierdie is mahala julle hoor,
Dis MAHALA
Die kind van haar se PASELLA !

Views: 113

Albums: Temafotos

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Marietjie Whitehead on December 31, 2011 at 11:46pm

Martie, baie dankie vir jou kommentaar.  Sy is toe uiteindelik daar weg, tevrede , met 'n ekstra pasellatjie in die hand, en ek baie in my noppies met my mahala fototjie !

Comment by Martie Venter on December 31, 2011 at 9:52pm

'n Baie treffende foto en aangrypende gedig, Marietjie!

Comment by Marietjie Whitehead on December 31, 2011 at 9:43pm

Josef, dankie vir jou mooi kommentaar - ek waardeer dit baie !

Comment by Marietjie Whitehead on December 31, 2011 at 3:59pm

Susan, baie dankie !  Ja, so verskil ons almal se siening en vertolking van die tema, wat dan weer lei tot 'n aantal unieke fotos !

Comment by Josef Steyn on December 31, 2011 at 2:53pm

Pragtig toepaslik vir die tyd waarin ons bly.

Comment by Marietjie Whitehead on December 31, 2011 at 12:04pm

Dankie Rudi ! Ek het in die straat afgery, toe ek haar gewaar tussen die sakke.  Ek het toe dadelik geweet - dis my Mahala foto die ! Die gediggie het eers die lig gesien na 'n klein bergie opgefrommelde papiertjies :-)

Comment by Marietjie Whitehead on December 30, 2011 at 9:43pm

Dankie Charlie.  Ja, dit is beelde soos hierdie wat mens inspireer tot groter dankbaarheid in die lewe!

Comment by Rudi Kleynhans on December 30, 2011 at 4:26pm

Nog een van jou mooies, Marietjie! Pragtige gedig daarby!

Comment by Charles Whitehead on December 30, 2011 at 2:22pm
Marietjie - dit is met fotos soos die dat mens besef met hoe min is sommige mense tevrede in die lewe en hoe swaar mense kry. Mooi raakgesien !

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html