Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Canon EOS 70D
1/800 sec. f/4,5 100 mm ISO 800
Hallo Fotoskolers. Dit is lekker om weer 'n draai by julle te kom maak. Die afgelope 2 jaar was baie bedrywig by my en ek het nie veel by fotografie uitgekom nie. Lockdown het aan my die geleentheid gegee om weer agter die lens in te skuif, maar ek het onbeholpe en soos 'n groentjie gevoel. Gelukkig was daar darem 'n paar spinnerakke wat ek opgespoor kon kry. Ek het hierdie foto "geskep" deur water met glycerine gemeng op die draadjies te spuit. Ek hoor graag wat julle dink.
Tags:
Comment
Baie goed gedoen
Wow!!! Rudi van die windpomp foto's is terug. Dankie vir Lockdown al is dit sleg bring dit weer goeie mense te voorskyn. Pragtige foto, die kleure is besonder mooi. Moet nou nie weer verdwyn nie.
Dit het goed gewerk Rudi. Jy kan oorweeg om die drie uit-fokus druppel, regs, uit te vee. Die diagonaal en kurwes werk baie goed.
Baie mooi en kunstig
Die vermenging van die water en glycerine lyk soos kwik druppels, omdat dit nie heeltemal so deurskynend soos water alleen is nie, maar dit skep 'n baie blinker effek, wat mens laat dink aan juwele. Mooi gedoen Rudi.
Pragtige foto Rudi en welkom terug by FS.
beautiful rudi - lekker om weer van jou foto's te sien!!
Dis pragtig! Mooi eenvoud en ook mooi skerp fokus. Die beligting en agtergrond is ook topklas. Baie mooi!
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool