Canon EOS 70D
1/800 sec. f/4,5 100 mm ISO 800

Hallo Fotoskolers. Dit is lekker om weer 'n draai by julle te kom maak. Die afgelope 2 jaar was baie bedrywig by my en ek het nie veel by fotografie uitgekom nie. Lockdown het aan my die geleentheid gegee om weer agter die lens in te skuif, maar ek het onbeholpe en soos 'n groentjie gevoel. Gelukkig was daar darem 'n paar spinnerakke wat ek opgespoor kon kry. Ek het hierdie foto "geskep" deur water met glycerine gemeng op die draadjies te spuit. Ek hoor graag wat julle dink.

Views: 60

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on May 11, 2020 at 11:57am

Baie goed gedoen

Comment by Gerrie Lambrechts on May 11, 2020 at 11:51am

Wow!!! Rudi van die windpomp foto's is terug. Dankie vir Lockdown al is dit sleg bring dit weer goeie mense te voorskyn.  Pragtige foto, die kleure is besonder mooi.  Moet nou nie weer verdwyn nie.

Comment by Josef Steyn on May 11, 2020 at 9:50am

Dit het goed gewerk Rudi. Jy kan oorweeg om die drie uit-fokus druppel, regs, uit te vee. Die diagonaal en kurwes werk baie goed.

Comment by Mark on May 11, 2020 at 6:47am

Baie mooi en kunstig

Comment by Rika Schoeman on May 10, 2020 at 5:40pm

Die vermenging van die water en glycerine lyk soos kwik druppels, omdat dit nie heeltemal so deurskynend soos water alleen is nie, maar dit skep 'n baie blinker effek, wat mens laat dink aan juwele. Mooi gedoen Rudi.

Comment by Neville Hein on May 10, 2020 at 5:20pm

Pragtige foto Rudi en welkom terug by FS.

Comment by Vida van Schalkwyk on May 10, 2020 at 4:16pm

beautiful rudi - lekker om weer van jou foto's te sien!!

Comment by Hennie Cronjé on May 10, 2020 at 3:59pm

Dis pragtig! Mooi eenvoud en ook mooi skerp fokus. Die beligting en agtergrond is ook topklas. Baie mooi!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html