Hierdie is die waterlewende larwes van die swart en geel Sweefvliegies waarvoor Jan en ander so lief is. Hierdie het ek in die mik vol water van 'n boom in my tuin gesien Daar word na hulle as Rat tail larvae verwys. Die melkerige afsaksels onder die drie is hulle uitskeidings. die uitsteeksels wat soos snorkels lyk is inderdaad dit waarmee hulle asemhaal buite die water.kyk gerus op volgrootte

Views: 59

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by jan jordaan on April 29, 2020 at 11:31am

PUIK WOW 

Comment by Tina le Grange on April 27, 2020 at 9:36pm

Riaan regtig baie bly jy is terug in ons klas.

Ek het nog nooit voorheen hiervan gehoor of gesien nie.

Goeie foto met die ongelyke getal van drie en die variasie van groen/geel is baie besonders.

Dankie vir die inligting!

Comment by Pine on April 27, 2020 at 9:19pm

Puik foto en baie interessante leersame inligting Riaan!!! Baie dankie hiervoor

Comment by Johan Ayres on April 27, 2020 at 7:12pm

Baie goed en interessant. Net iemand wat die natuur ken kan 'n foto soos hierdie neem.

Comment by Hennie Cronjé on April 27, 2020 at 5:12pm

Jou waarnemingsvermoë is verstommend! Hierdie foto is uiters interessant en pragtig. Baie goed gefotografeer - mens sien die detail mooi. Baie mooi! Die vruggies waarna jy verwys in my foto is boomtamaties. Die boom is tans so 2-2,5m hoog.

Comment by Rika Schoeman on April 27, 2020 at 5:07pm

Baie mooi foto van die larwes. Ek sou dit nooit eers raakgesien het nie Riaan, sommer net gedink het daar is iets in die water. Jou kennis en dit wat jy raaksien is verstommend.

Comment by Christa Snyman on April 27, 2020 at 4:49pm

Ongelooflike foto en inligting van hierdie vlieg larwes, Riaan.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html