Views: 27

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on September 21, 2020 at 7:54pm

Ansie, ek hou van die skoon, oop , helder foto. Goed gedoen met daardie blink ogie in die son!

Comment by Hennie Cronjé on September 17, 2020 at 6:17pm

Ansie, ek wil net iets byvoeg tot wat ek hieronder gesê het. Miskien hou jy van die skakerings van lig en donker soos dit is. In daardie geval hoef jy niks te verander nie. In fotografie is daar dikwels nie net een ding wat reg is nie. Mens moet toelaat vir variasie in menings en gevoelens.

Comment by Hennie Cronjé on September 17, 2020 at 6:15pm

Dis pragtig! Mooi aksie met skerp fokus. Die beligting is goed waar daar lig is, maar in die skaduwee raak dit bietjie donker. Om dit te verbeter is daar 2 metodes. Die beste is om in RAW te skiet. Wanneer mens dit op die rekenaar het, is daar 'n Shadow slider waarmee mens net die heel donker dele ligter kan maak. Baie handig en effektief. Die tweede is om die foto soos hy nou is in Levels oop te maak. Heel onder is 'n tweede plek met sliders. Jy kan die linker een net 'n bietjie na binne trek, wat die donker dele ligter sal maak. Nie so baie effektief nie, maar soms werk dit.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html