Ek het hier sommer iets anders probeer. Het op 'n voetbrug gestaan en die branders afgeneem wat onderdeur spoel. Nuuskierig wat jul mening is. Dalk 'n flop maar dan het ek darem prober.

Views: 30

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Cronjé Botha on September 19, 2020 at 12:49pm
Baie dankie Johan, Hennie en Josef
Comment by Josef Steyn on September 18, 2020 at 6:08pm

Cronje, ek stem saam. Dit is 'n pragtige foto teen net die regte sluiterspoed. Goed gedoen.

Comment by Hennie Cronjé on September 18, 2020 at 7:36am

Hierdie foto moet op volgrootte waardeer word. Dis pragtig en baie suksesvol.  Die fokus is skerp op die statiese elemente, met mooi blur van die bewegende water. Jou kamraspoed was net reg om blur te gee, terwyl die brandertjies nog redelik gedefinieër is. Die komposisie is baie mooi met die "pad" tussen die rotse deur na die golf (brander) wat 'n halwe sirkel vorm van rots tot rots. Ek hou baie daarvan. Baie mooi - dis goed gedoen!

Comment by Johan Ayres on September 17, 2020 at 8:48pm

Ek dink dit is 'n pragtige en geslaagde foto. Die stadige sluiterspoed het aan jou 'n kunstige foto besorg. Goeie komposisie ook. Jy kan heel tevrede wees met jou eksperiment.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html