Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Posted on August 3, 2014 at 12:57pm 9 Comments 0 Likes
Ek wil graag vir my 'n lens koop, ek het tans 'n canon 70D kamera met 'n kit lens die 18-135 STM.
Ek wil die voels, meerkatte ens hier op die plaas afneem asook die kinders as hulle sport doen.
Ek oorweeg die Canon 400mm f4 STM L lens? Het iemand so lens? Beperk die f-stop mens baie? Ek kan ongelukkig nie die ander 400mm van amper R100,000 bekostig nie. Het raad en hulp nodig.
En wil ook 'n lens vir portrette aanskaf asook 'n externe flash as iemand…
ContinuePosted on March 20, 2014 at 10:02am 5 Comments 0 Likes
Goeie more, ek wil kom raad vra ek moet oor 2 weke dormer skape gaan afneem.
As enige iemand kennis het in die gebied sal ek 'tips' waardeer asb.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
Comment Wall (7 comments)
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool
Hi Elma kan ek jou geboortedatum kry asb
Dankie Elma. Die F+ kursus dek 'n wye spektrum fotografie tegnieke. Hoeveel nut jy uit die kursus gaan haal sal uitsluitlik van jouself afhang. As jy al die aanbevole leeswerk en video-kykwerk doen en die opdragte met mening aanpak kan jy baie uit die kursus leer. Daar mag aspekte wees wat jy dalk nie sal kan doen nie agv 'n tekort aan apparaat ens. maar dit maak nie die kursus minder waardevol nie. As ek kyk na die koste van ander soortgelyke kursusse is dit baie goed geprys. Ek sou verder aanbeveel dat jy aansluit by my groepie by: www.photographytricksandtips.info Ek verskaf 'n gratis e-boekie wat 'n hele klompie basiese inligting bevat en dan kry jy ook elke twee wee 'n artikel oor een of ander aspek van fotografie. Jy hoef geen bydrae te lewer nie en dit is heeltemal gratis. Jy is dan ook natuurlik welkom om direk aan my te skryf. My direkte e-pos is daar te kry. Dan noem ek ook dat ek en Hennie amper klaar is met 'n omvattende boek wat op beginner fotograwe gemik is. Dit sal in e-formaat in Afrikaans en Engels aangebied word en sal oor 'n paar maande beskikbaar wees. Koste sal waarskynlik ongeveer R300 wees met 'n afslag aan vroee bestellers. (ons moet nog 'n prys bepaal). Die boek bevat tans 17 hoofstukke (185 bladsye met baie fotos ter illustrasie) maar daar moet nog 3 of 4 hoofstukke bykom. Ek hoor graag van jou. My epos: josefmsteyn@gmail.com
Hi Elma, ek sien jy vra onder Hennie se foto wat "Halo" beteken. Hennie antwoord ongelukkig nie terug op vrae nie, indien jy 'n vraag direk aan hom wil stel moet jy op sy blad ingaan. Wanneer daar 'n halo om die randte van 'n onderwerp in jou foto is .. dit is so 'n ligte randjie bv om 'n boom, is dit as gevolg van te veel kontras saam met te veel sharpen. Daar moet 'n mooi balans tussen die twee wees. Hoop dit help.
tnx Elma ek sien uit na die chat en mekaar se foto's beloer en van mekaar leer en bowenal, welkom by hierdie oulike klomp mense by Fotoskool
Elma baie wekom hier by Fotoskool.....hoop daar gaan sommer BAIE fotos gelaai word....Soos tannie Anita hieronder se ons slyp ons tande en vingers.....en gee tog jou opinies en kommentare op mede fotoskolers se fotos....elke person se indruk is uniek en gee n ander blik op n foto
Welkom op my blad Elma, nou kan ons lekker vir mekaar briefies stuur by die "inbox". NOU wag ons vir daardie foto's!!! Kyk ons slyp ons tande... vingers.. vir die kommentare!!
Baie welkom by Fotoskool Elma, ons sien uit na jou foto's, kommentare en Gesiggie!