Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Posted on November 27, 2019 at 11:20am 4 Comments 2 Likes
Die afgelope tyd het party Fotoskolers probleme ondervind om foto's gelaai te kry. Dit wil vir my en Igno voorkom asof die hoofrede is dat die foto's te groot is. Daarom wil ons voorstel dat julle jul foto's eers verklein voordat julle dit laai. Maak dit eers 72 dpi (dots per inch). As dit 'n landskapsfoto is, maak die wydte 1024-2000 piksels. Die hoogte sal self daarby aanpas. As dit 'n portret formaat is, maak die wydte dan 768-1000 piksels. Weer eens sal die hoogte dan daarby…
ContinuePosted on May 16, 2017 at 12:13pm 7 Comments 7 Likes
Wil jy Photoshop koop maar dis te duur? Wel, ek het goeie nuus vir jou. Daar is nou 'n program op die mark wat sterk aan te bevele is: AFFINITY PHOTO version 1.5. Dit kos ongeveer R800 in SA. Dit het in 'n oorsig in Digital Photo 5/5 sterre gekry. Ek haal aan: "Affinity may be very much its own software, but we can't help thinking that this is what Photoshop would look like if Adobe listened to every piece of feedback it received". Alles wat mens nodig het, is daar (behalwe miskien Layers…
ContinuePosted on July 12, 2015 at 10:50am 1 Comment 4 Likes
Ek reël 'n toer deur die Namib van Aus in die suidooste tot Walvisbaai in die noordeweste van 4-10 April 2016. Dit is met die hulp van Johan Jooste van Windhoek. Die basiese wat nodig is, is 'n 4X4 trek voertuig met lae trek, R10 000 per persoon en 'n inskrywing op die webbladsy Johan Jooste Photography. Aangesien die toer ook op die oop mark geadverteer word, moet…
ContinuePosted on October 19, 2014 at 8:05pm 20 Comments 5 Likes
Onlangs het ek 200 opeenvolgende foto's geanaliseer en geklassifiseer volgens die onderwerp van die fotografie. Hier is die resultate:
Landskappe 55
Wildlewe, insl voëls 46
Objekte 23
Plante 19
Mense 12
Geboue 9
Sonop/sononder 8
Huishoudelike diere …
ContinueHennie, op pad na Mosselbaai op die N2 is daar 'n afdraai na Dekriet (wat dit ook al mag beteken.) Ons het daar 'n herle paar mooi geleenthede gekry. Dit klink vir my of dier wrklike mooi tonele anderkant Swellendam op pad na Kaapstad is. Dit sal waarskynlik ons volgende ekskursie wees.
Bulbul. Hennie, om by die tema te pas het ek die Engelse naam vir die tiptol gebruik.
Baie geluk, Hennie - en baie dankie vir al jou moeite met ons foto's, ons het al ongelooflik baie by jou geleer!
Goeie more Hennie, ten spyte van ons inperking, aanvaar ek dat jy 'n baie gelukkige verjaardag sal hê. My allerbeste wense vir 'n geseënde nuwe lewensjaar, gevul met baie vreugde, goeie gesondheid en nog baie foto-geleenthede. Baie dankie vir die besondere manier waarop jy ons in fotografie lei. Groot voorreg om by jou te leer.
baie geluk met die verjaarsdag!
Hennie, baie dankie vir jou advies... die nuwe kamera Canon 7D mrk11 het my heeltemal in die duister in die aand. As ek nie die kamera op bulb sit met driepoot nie, kry ek nie foto geneem nie al sit ek my ISO hoe hoog net om foto geneem te kry, hy wil nie fokus dat ek kan afneem nie, hy sukkel selfs met die flash aan?? Verder dink ek ken ek sy grille al redelik. Ek neem net op manual af... Baie dankie vir jou advies.
Hennie weereens baie dankie vir jou kommentaar, ek besef jy is baie besig, dit maak jou raad meer spesiaal...
Hennie baie dankie vir jou kommentaar en raad, ek gaan beslis probeer om my F Stop laer te maak volgende keer...
Beste Hennie, ons hoop jy het 'n heerlike bederfdag gehad. Ons allerbeste wense vir 'n baie geseënde nuwe lewensjaar. Baie dankie vir jou groot bydrae om my te motiveer om my kamera altyd byderhand te hou en my aftree-stokperdjie te bly geniet. Groete Coenie en Tina
Baie geluk met jou verjaardag Hennie, mag dit 'n geseënde nuwe lewensjaar wees! Geniet die paar dae op die plaas, hoop ons sien weer mooi fotos.
Dankie vir jou kommentaar en raad op fotos.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by