Hendrik van Taak
  • Male
  • RIEBEEK-KASTEEL
  • South Africa
Share

Hendrik van Taak's Friends

  • Elna Geringer
  • Josef Steyn

Hendrik van Taak's Discussions

Raamspoed

Started this discussion. Last reply by Hendrik van Taak Oct 20. 2 Replies

Help asb. Is daar 'n verskil in die kwaliteit van 'n foto as die verstelling van die raamspoed op 10 rame per sekonde is teenoor 3 rame per sekonde, gegee dat die res van die verstellings korrek is?Continue

Swart & Wit Fotografie

Started this discussion. Last reply by Hendrik van Taak Aug 10. 2 Replies

Ek lees baie oor fotografie wat ek in die hande kan kry. Dit wil voorkom asof daar twee menings oor sw-fotografie bestaan, nl die een is om vooraf te besluit dat jy sw-foto’s gaan neem en  jou kamera…Continue

ND Filters

Started this discussion. Last reply by Erika Kotze Oct 26, 2019. 10 Replies

Kan iemand asb 'n ND Filter app vir 'n selfoon aanbeveel of is dit tyd mors om daardie roete te gaan, of het iemand dalk 'n tabel beskikbaar?Continue

 

Hendrik van Taak's Page

Latest Activity

Vida van Schalkwyk liked Hendrik van Taak's photo
1 hour ago
Johan Ayres commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Spinnekop

"Vir 'n 10-18mm lens het jy goed gedoen met hierdie foto en jy het die spinnekop goed geplaas in die komposisie. Die inherente groot velddiepte van die wyehoeklens maak ongelukkig dat die agtergrond baie besig is en jou eintlike onderwerp…"
8 hours ago
Tina le Grange commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Spinnekop

"Hendrik baie interessant die pienk kleur en so tussen die varings. Ek glo Riaan sal ons met die naam kan help. Alhoewel jy geknip het, is die spinnekop steeds baie duidelik sigbaar."
12 hours ago
Hendrik van Taak commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Spinnekop

"Druk crtl+ om te vergroot"
13 hours ago
Hendrik van Taak posted a photo

Spinnekop

Sy naam ken ek nie. Ek het nie 'n makrolens nie, maar my 10-18mm kan 'n bydrae maak. Die web het 'n bietjie in die wind op en af gewaai. Ek moes noodwendig baie knip aan die foto.
14 hours ago
Hendrik van Taak replied to Hendrik van Taak's discussion Raamspoed
"Dankie vir die verduideliking Josef"
Oct 20
Josef Steyn replied to Hendrik van Taak's discussion Raamspoed
"Hendrik, ek kan nie 'n rede aanvoer dat die raamspoed die fotogehalte sal affekteer nie. Die gehalte van die foto word immers bepaal deur die tyd wat die sluiter oop is en nie die tyd wat dit toe is nie. Die verskil tussen 3 rame per sekonde en…"
Oct 20
Magda vd Merwe commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaelkleintjie

"Pragtige foto Hendrik"
Oct 17
Hennie Cronjé commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaelkleintjie

"Dis veel beter! Baie dankie vir jou moeite. Dit is 'n uitstekende foto met mooi sagte kleure, mooi aksie en ook 'n mooi agtergrond.  Miskien bietjie min asemruimte rondom (veral regs), maar verder baie mooi."
Oct 17
Hendrik van Taak commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaelkleintjie

"Dankie Tersia"
Oct 17
Tersia Weitsz commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaelkleintjie

"Ek het na beide fotos ggekyk en die vlerkbeweging en aksie vir my mooi.  Jammer met hul vinnige beweging dat vlerk se punt afgesny is. Ek hou van jou foto Hendrik"
Oct 17
Hendrik van Taak posted photos
Oct 17
Gerrie Lambrechts commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaeltjies

"Dit lyk na so mooi foto, ek hoop jy het nog die oorspronklike."
Oct 17
Hennie Cronjé commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaeltjies

"Hierdie foto maak 'n baie goeie indruk met eerste opslag. Mooi aksie met sagte kleure en 'n goeie agtergrond. Wat jy later opgemerk het, is waarskynlik die kleintjie wat onder afgesny is. Nadat mens 'n foto opgesit het, is daar…"
Oct 17
Hendrik van Taak commented on Hendrik van Taak's photo
Thumbnail

Kransswaeltjies

"AAAg tog ek sien nou eers ek het nie 'n goeie job met die seleksie gemaak nie. Sal my leer om die beeld te vergroot. :( "
Oct 16
Hendrik van Taak posted a discussion

Raamspoed

Help asb. Is daar 'n verskil in die kwaliteit van 'n foto as die verstelling van die raamspoed op 10 rame per sekonde is teenoor 3 rame per sekonde, gegee dat die res van die verstellings korrek is?See More
Oct 12

Hendrik van Taak's Photos

  • Add Photos
  • View All

Comment Wall (4 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 8:51am on August 28, 2020, Josef Steyn said…

Ek sukkel ook Hendrik. Ek weet nie van enige raad nie.

At 9:23am on June 11, 2020, Josef Steyn said…

Dankie Hendrik, ek laai sommer twee.

At 8:40pm on February 8, 2020, Josef Steyn said…

Dankie vir jou kommentaar op my gekombineerde blomfoto's. Dit s belangrik dat ons ander fotograwe se insette kry en jy kan dit gerus weer doen as die geleentheid hom voordoen. Met betrekking tot jou mentor? se opmerking oor soliede kleure lewer ek graag as volg kommentaar.

1. Dat daar nie soliede kleure in 'n foto mag voorkom nie impliseer 'n absolute, m.a,w. daar mag nooit soliede kleure voorkom nie. Dit is 'n onmoontlike vereiste waaraan nie voldoen kan word nie.

2. Soos die stelling nou lees is dit van toepassing op alle soorte fotografie en weereens is dit 'n onmoontlikheid. Een voorbeeld: Een van die vereistes vir 'n goeie swart-en-wit foto is dat dit al die kleurtone van pikswart tot spierwit behoort te bevat.

3. Vir enige so 'n stelling behoort daar 'n afsnypunt te wees, m.a.w. iets soos "sodra meer as 10% van 'n foto uit 'n soliede kleur bestaan is dit onaanvaarbaar". Vir enige so 'n stelling sal daar altyd 'n oorgangsfase wees wat strek van aanvaarbaar tot onaanvaarbaar.

4. Soms is dit wenslik om groot dele van die foto 'n soliede kleur te maak. In die boek wat ek en Hennie oor komposisie geskryf het wys ek 'n hele paar foto's waar groot dele van die foto's spierwit en totaal sonder detail is en tog is dit vir daardie foto's nodig om die verlangde effek te verkry.

5. As 'n mens so n stelling maak sou dit beter wees om dit moontlik as volg te verwoord: 'n mens moet waak daarteen om die % soliede kleure wat in 'n foto voorkom te beperk tensy die aard en doel van die foto dit 'n vereiste maak. 

Ek hoor graag van jou. Jy kan hierdie forum gebruik of vir my e-pos by josefmsteyn@gmail.com

At 9:05am on November 8, 2019, Josef Steyn said…

Hendrik, ek het Oupa Jasper verwerk soos jy voorgestel het. Ek hoor graag jou mening nou.

 
 
 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html