Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Posted on May 29, 2013 at 11:12am 0 Comments 1 Like
Hallo almal,
Ek lees vanoggend hierdie baie insiggewende artikel, wat deur 'n professionele troufotograaf geskryf is. Stof tot nadenke vir die bruidspaar, gasfotograwe en offisiele fotograaf. Geniet dit. http://petapixel.com/2013/05/15/guest-photographers-or-why-you-should-have-an-unplugged-wedding/
Dankie vir jou kyk en kommentaar Henriëtte. In my boek oor komposisier en ontwerp wat ek 'n tyd gelede die lig laat sien het is daar 'n uitgebreide afdeling oor die punt wat jy genoem het en ook ander van dieselfde aard. Dit is te 'n lang storie om hier te beskryf. Die uiteinde van die argumente is egter dat die foto reg geplaas is.
Veels geluk met jou verjaardag Henriëtte; beste wense vir 'n geseënde nuwe lewensjaar.
Ek sal Vrydagmiddag gou 'n draai maak sodat ons kan reel vir iets. Ja dis hoekom ek voel dis nogal goed om 'n man in die span te he, want 'n vrou voel altyd bang om alleen met sulke duur kameratoerusting rond te staan. Dawie, my man, probeer altyd by wees maar dit is nie altyd vir hom moontlik nie. Ons praat Vrydag.
Ek is terug by die huis so wanneer sal dit jou pas. Ek kan Vrydag 'n draai by die apteek maak as jy wil dan maak ons reelings en kry selfoonnommers van mekaar.
Skuus man, ek sien nou jy se op jou ander foto dat jy wel graag saam sal wil werk aan ons projekte. Dis altyd lekker om raad te vra of te hoor hoe iemand anders dit sien. Ek gaan ongelukkig tot die 26 Maart weg wees uit PE en dan gaan ons weer die Paasnaweek Mosselbaai toe om my ma se 80ste verjaarsdag te vier. Ons sal teen 8 April terug wees. Ek sal dan graag 'n afspraak met jou wil maak sodat ons mekaar kan ontmoet en sien hoe ons kan saamwerk. Ek sien baie uit daarna. Ons is in Blouwaterbaai. Waar is jy.
Henriette, ek weet nie van jou nie, maar ek dink dit sal lekker wees om 'n fotografieklub te stig sodat 'n mens by mekaar kan leer. Ek dink ook dat as 'n mens in 'n groep is, is jy 'n bietjie veiliger met jou toerusting ens. Laat weet of jy sou belangstel en of jy van nog mense in PE weet wat sal belangstel in so 'n klub.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by