All Blog Posts (731)

Nuwe webwerf aktief

Hallo Almal

Onthou gerus die skakel na die nuwe webwerf is:https://fotoskool3.ning.com/

Ook die ou skakel, https://fotoskool.co.za sal jou daarheen neem

Groete

Igno

Added by Igno van Niekerk on January 21, 2021 at 8:09am — 1 Comment

NUWE WEBWERF

Igno, dankie vir al die vasbyt met die nuwe webwerf!  Ek sukkel nog al die pad met die volgende:

Indien ek kommentaar lewer op 'n foto en die "next" druk, vat hy my nie na die volgende persoon toe nie, maar na die volgende, of vorige, foto van die een op wie ek kommentaar gelewer het. Ek moet dan uitgaan, weer ingaan by foto's, om die volgende fotograaf se foto's te sien. Raad/ hulp .... asb.

Dankie.

Marita

Added by Marita McCabe on January 21, 2021 at 7:12am — 1 Comment

20 Januarie: Nuutste nuus oor ons groot trek

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dit gaan goed!

Na twee weke van lang gesprekke en eindelose probleme wil dit lyk asof die nuwe webwerfaan die werk is. As jy daar wil inloer en foto's laai is jy welkom. Indien jy nog nie daar registreer is nie, sal jy dalk versoek word om opnuut te registreer.

Gaan loer gerus in, en laat weet my hoe dit gaan.

Ek hou duime vas.

Groete

Igno

Added by Igno van Niekerk on January 20, 2021 at 6:04pm — No Comments

16 Januarie - ons trek voort

Liewe Fotskolers,

Ek hoop dit gaan baie goed aan julle kant.

Dankie tog dat ons hierdie trek na die nuwe bediener nie oornag probeer doen het nie! Na twee weke van louter frustrasie en meer gesprekke met "developers" en verwysings na die "technical team" het ek gesmeek, geskel, gevloek (saggies) en soms net in verdwasing voor my uitgestaar.

Julle en ek het dieselfde vraag... hoe sukkel so iets nog in 2021. En ek het vir julle die antwoord:

Ek weet…

Continue

Added by Igno van Niekerk on January 16, 2021 at 2:24pm — 1 Comment

11 Januarie opdatering oor ons groot trek

Hallo Fotoskolers

Ek hoop dit gaan voor die wind aan julle kant.

Hopelik sal hierdie die laaste week wees wat ek daagliks opdaterings gee oor die vordering van ons skuif na die nuwe bedieners.

Ons groot trek:

Soos verlede week genoem, is ek en die NING span kliphard aan die stoei om die nuwe webwerf uit te sorteer. Ek hoop dat ek nooit weer 'n bediener hoef te skuif nie...

Wanneer die nuwe…

Continue

Added by Igno van Niekerk on January 11, 2021 at 12:09pm — No Comments

6 Januarie opdatering oor skuif na nuwe webwerf

Liewe Fotoskolers,

Hoop dit gaan voor die wind aan julle kant!

Vir baie jare het ek altyd gelees en selfs ervaar hoe IT mense sukkel om opgraderings te doen. Ek kon nooit verstaan dat daar dikwels soveel kwessies is nie. Nou ja, ek leer baie vinnig en, indien enige van julle in IT is, ek kry op hierdie stadium elke sekonde meer begrip!

Huidige situasie op nuwe webwerf:

Weer eens, julle gaan hierdie week meer van my hoor omdat ek julle in die…

Continue

Added by Igno van Niekerk on January 6, 2021 at 8:05am — 1 Comment

5 Januarie - Nog inligting tov die oorskakeling na ons nuwe webwerf

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dit gaan steeds goed! 

Soos julle weet probeer ons Fotoskolers so min as moontlik onderbreek; maar hierdie is 'n belangrike week in Fotoskool se lewe, en daarom probeer ek gereeld kommunikeer om julle op hoogte te hou van gebeure.

Aan my kant is dit tans die dans van tegnologie en nuwe dinge teen 'n spoed aanleer - sowel as aanpassings maak.

Die ou fotoskool webwerf:

Ek laat weet net dat…

Continue

Added by Igno van Niekerk on January 5, 2021 at 10:42am — 1 Comment

NB NB Nuutste korrespondensie oor die toekoms van Fotoskool

Hallo Fotoskolers,

Ek hoop dit gaan sommer voor die wind aan julle kant! 

Hierdie e-pos gaan dalk bietjie langer as die gewone neem om te lees; maar daar is baie belangrike informasie wat ek moet deurgee.

Eerstens: Fotoskool het geskuif na nuwe bedieners wat vinniger is, ander funksionaliteit bied. In sekere gevalle is dit beter as die ou webwerf in ander gevalle nog nie. Dit kan dalk 'n tydjie vat om gewoond te raak aan die webwerf; maar ons moes van…

Continue

Added by Igno van Niekerk on January 4, 2021 at 3:40pm — 1 Comment

Hierdie webwerf eindig binnekort

Hallo Fotoskolers,

Soos teen einde verlede jaar vermeld, is daar baie veranderinge op pad in terme van Fotoskool. Maak asb seker dat julle begin oorskakel na die nuwe webwerf:

https://fotoskool3.ning.com/

Groete 

Igno

Added by Igno van Niekerk on January 3, 2021 at 8:33am — 2 Comments

Nuutste korrespondensie - kom help ons 'n wonderlike toekoms bou vir Fotoskool

Liewe Fotoskolers,

Ek hoop dat elkeen van julle uitsien na 'n heerlike langnaweek, om weer uit te kom en foto's te neem.

Ek wil julle asb vra om hierdie e-pos volledig te lees, want ons beplan 'n klomp baie lekker dinge vir fotoskool, en het julle insette nodig...

Eerstens... BAIE BAIE belangrik...

Databasis opdatering:

Indien jy deel wil wees van wat Fotoskool in die toekoms gaan bied, maak asb seker dat jy tyd…

Continue

Added by Igno van Niekerk on September 21, 2020 at 7:30pm — 5 Comments

NIKON COOLPIX P900

Kan iemand my asb help, of advies gee .....  My kamera se "delete" knoppie hak vas en wil net foto's delete.  Is daar 'n manier wat mens die knoppie kan uithaal en skoonmaak, of moet ek dit Johannesburg Nikon toe stuur?  

Dankie!

Marita

Added by Marita McCabe on August 20, 2020 at 12:40pm — No Comments

Kommentaar op foto's

Added by Igno van Niekerk on August 3, 2020 at 8:29pm — 3 Comments

Nuutste korrespondensie: kommentaar op fotoskool

Liewe Fotoskolers,

Ek hoop dat dit met elkeen van julle nog goed gaan, en dat julle kameras darem nie in "lockdown" is nie.

So een keer elke twee jaar moet ek almal dalk net weer herinner aan ons ongeskrewe reels vir kommentaar op ander se foto's:

1) As jy negatiewe kommentaar wil lewer, moet liewer nie kommentaar lewer nie. Jou subjektiewe mening is nie noodwendig almal se mening nie, dus moenie iets se soos: "ek hou nie van hierdie foto nie," of "hierdie foto werk nie"…

Continue

Added by Igno van Niekerk on August 3, 2020 at 8:21pm — No Comments

'n Woord van waardering

Ek is nie die amptelike woordvoerder van die Fotoskool lede nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek namens almal praat wanneer ek baie dankie sê vir dit wat Fotoskool vir ons beteken. Baie dankie aan Igno en Hennie wat hierdie platform aan ons bied om ons stokperdjie uit te leef en te geniet. Ek weet nie wie almal agter die skerms betrokke is nie, maar baie dankie. Iemand maak hierdie webwerf moontlik en van êrens af moet dit sekerlik befonds word.

Toe die Fotoskool webblad vir die…

Continue

Added by Johan Ayres on July 17, 2020 at 8:27pm — 9 Comments

info asseblief studio lig

Ek het n courtnay 1000  studio lig gekry maar heet geen idee hoe om dit van die kamera af trigger of konneteer nie.Ek het ge-google maar kty nie n antwoord nie

Dankie

Donald

Added by Donald Daniel Jacobs on July 11, 2020 at 8:26am — 1 Comment

Oplaai van foto's

Hallo Almal
Ek probeer nog uitvind waarom sommige mense sukkel met die oplaai van foto's.
Hou julle op hoogte.
Groete
Igno

Added by Igno van Niekerk on June 8, 2020 at 6:11pm — 3 Comments

Gratis e-boek in PDF formaat

Ek deel graag die volgende met julle. HPH Publishing het 'n kompetisie tydens vlak 5 van inperking van stapel gestuur waarin fotograwe uitgenooi was om hulle foto's tydens hierdie tydperk in te stuur. Die uitgewers het toe die beste foto's gekies en 'n boek uitgegee met die titel "Garden Lockdown." Ek is so spyt ons het nie daarvan geweet nie, dan kon ons deelgeneem het. Baie van die foto's op Fotoskool sou beslis goed gevaar het in hierdie kompetisie.

Om die boek gratis af te laai,…

Continue

Added by Johan Ayres on May 23, 2020 at 7:46pm — 1 Comment

Minimalisme in die kunswêreld

Minimalisme in die Kunswêreld.

Die vorige blog oor diè onderwerp het gehandel oor foto’s wat deur die fotograaf self as minimalisties geklassifiseer is. In hierdie blog kyk ons na kunswerke anders as foto’s (een foto) met die verskil dat die kunswerke wat hieronder geplaas word deur kunskenners as die heel beste minimalistiese kunswerke beskou word. Sommiges is drie-dimensionele werke maar meeste is skilderye.

Algemene opmerkings

Heelwat…

Continue

Added by Josef Steyn on February 17, 2020 at 10:59am — 3 Comments

Minimalisme in die kunswêreld

Minimalisme in die Kunswêreld.

Die vorige blog oor diè onderwerp het gehandel oor foto’s wat deur die fotograaf self as minimalisties geklassifiseer is. In hierdie blog kyk ons na kunswerke anders as foto’s (een foto) met die verskil dat die kunswerke wat hieronder geplaas word deur kunskenners as die heel beste minimalistiese kunswerke beskou word. Sommiges is drie-dimensionele werke maar meeste is skilderye.

Algemene opmerkings

Heelwat…

Continue

Added by Josef Steyn on February 17, 2020 at 10:57am — 3 Comments

VERKLEINING VAN FOTO'S

Die afgelope tyd het party Fotoskolers probleme ondervind om foto's gelaai te kry. Dit wil vir my en Igno voorkom asof die hoofrede is dat die foto's te groot is. Daarom wil ons voorstel dat julle jul foto's eers verklein voordat julle dit laai. Maak dit eers 72 dpi (dots per inch). As dit 'n landskapsfoto is, maak die wydte 1024-2000 piksels. Die hoogte sal self daarby aanpas. As dit 'n portret formaat is, maak die wydte dan 768-1000 piksels. Weer eens sal die hoogte dan daarby…

Continue

Added by Hennie Cronjé on November 27, 2019 at 11:20am — 4 Comments

Monthly Archives

2021

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html