Piet Nel's Blog (5)

Dink aan Rassie van Gaan

Op die 14 Januarie het Rassie die hartseer nuus met ons gedeel van die afsterwe van sy seun Liebre (53).

Rassie ʼn mens weet soms nie waarom so iets op ʼn jou pad kom nie, met een oogknip verander die lewe in hartseer en leegheid en ʼn gedagte vol wonders. Al ons mense by fotoskool dra saam met jou in ons harte vandag die seer met jou groot verlies. Jammer om te hoor van jou seun ʼn kind wat kosbaar vir jou was en sal bly ons voel saam met julle in die tyd wat voorlê en dra jul gesin in…

Continue

Added by Piet Nel on January 17, 2015 at 4:32am — 10 Comments

Fotoskool die voeder van die siel

Ai mense weet julle hoe gelukkig ons klomp is om aan ʼn plek soos fotoskool te kan behoort. So lê ek vanoggend weer met die spiere wat lol, ja sê maar weer beneuk vir alles want ek kan nie doen wat ek wil nie. So vat ek die laptop teken in op fotoskool en dadelik sien ek weer die mooi in die lewe.

Die prentjies wat ek voor my sien wek ʼn opgewondenheid in my op en ek begin almal se foto’s te bekyk, die mooi in die lewe word oopgegooi vir ons hier en gou is Piet weer Piet en vergete is…

Continue

Added by Piet Nel on October 19, 2014 at 8:00am — 16 Comments

Foto’s en kommentaar

Vandag wil ek praat oor hoe interessant dit is om almal se kommentare en foto’s te volg op die hoofblad.

Ek het so twee dae gelê en die tyd was tot my beskikking om dit te kan doen. As ek so na alles kyk en hoe die mensdom ʼn ding doen dan besef ek ʼn foto kan jy vir ʼn 1000 mense gee en al 1000 van hulle sien dit anders, soms is daar humor in die kommentaar andermaal ʼn buit maar tog geniet almal dit. Ander weer like ʼn klomp net vinnig gee so op een of twee kommentaar natuurlik die…

Continue

Added by Piet Nel on May 13, 2014 at 4:15pm — 16 Comments

die Raai foto van die Gans

My raai foto

Ek het die foto van die gans geplaas wat nie juis iets is nie omdat dit baie vinnig gedoen is en ek nie opgelet het na verstellings of wat ook al nie, PS is nie gebruik nie foto geneem op setting nature op my kamera.

Ek het ʼn eenvoudige geel veiligheids bril gebruik omdat hy die kleur anders maak as gewone glas seker omdat dit ʼn half ronde vorm het, julle kan gerus dit by ʼn hardeware winkel gaan soek nogal pret om so met die kleur te speel veral in die skerp sonlig…

Continue

Added by Piet Nel on April 11, 2014 at 3:11pm — 1 Comment

Sê maar net.

Die beste fotograaf

So ʼn paar maande terug sluit ek aan by fotoskool met die hoop op nuwe kennis oor fotografie. Wat wel die geval is en het baie nuwe dinge geleer en ontdek maar die meeste van alles wat ek geleer het, is dat die beste fotograaf van ʼn foto die een is wat kommentaar gee op iemand anders se foto. Dit begin met die verander van die foto jy moet so staan hier lê en so gaan hulle aan terwyl hulle glad nie die omstandighede ken of die terrein…

Continue

Added by Piet Nel on July 4, 2013 at 8:51pm — 16 Comments

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html