Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hi almal
Ons neem almal fotos met ons kamera flitse, en baie van ons dink dat die gebruik van flits tydens dag of in helder sonlig onnodig is. Die waarheid is egter dat die gebruik van flits jou fotos tot 'n nuwe kreatiewe hoogtepunt kan neem. Ek het vandag die geleentheid gehad om fotos te neem tydens die Klein Skooltjie se Welpie rugbydag en dit was groot pret en baie oulik.
Teen die einde van die verrigtinge was daar uit die aard van die saak die gebruiklike prysoorhandiginge en ook hier het ek fotos van die groepies geneem. Graag wil ek net 'n paar voorbeelde wys direk uit die kamera sonder enige veranderinge. Die fotos is ongeveer 12uur in harde sonlig geneem.
Die eerste foto is bloot soos mens gewoond is om te neem sonder 'n kameraflits in helder sonlig
Die lig is hard en dis nie 'n goeie foto nie. Dit is ook ongelukkig hoe die meeste fotgrawe se fotos sal lyk
Ek het toe die foto geneem en slegs die beligting afgestel met 1,3 stoppe op die rekenaar om te probeer kompenseer vir die lig. Die resultaat as volg :
Die kleure lyk nie reg nie en dieselfde harde skaduwees is nog op die gesiggies
Die volgende foto het ek toe geneem met die kameraflits en ek reken die resultaat spreek vanself
Let op hoe die agtergrond beligting verander het na 'n sagter beligting en is minder steurend. Omrede die kinders voor nog steeds korrek belig is, staan hulle ook meer uit teen die agtergrond
Daar is met geen van die fotos gepeuter nie en dit is direk uit die kamera geplaas behalwe die tweede foto waar ek slegs die beligting verminder het. Ons wil almal ons fotografie verbeter en daar is altyd verskeie maniere hoe om dit te doen. Deur die gebruik van flits en die tegnieke daarom beter te verstaan kan ons verseker ons fotografie met rasse skrede verbeter.
Met sommige funksies is daar nou eenmaal nie 'n keuse vir die fotograaf nie en aangesien die klient betaal het verwag hy resultate. Dink net aan die arme troufotgraaf wat sy of haar fotos in klipharde helder sonlig moet neem. Met die tegnieke wat ek gedemonstreer het kan jy suksesvolle fotos in helder sonlig neem.
My idee met die kursus is om almal met die nodige kennis en tegnieke toe te rus om elke dag se fotografie na 'n nuwe vlak te neem. Inligting oor die kursus sal later vanjaar bekend gemaak word.
Groete
Charles
Comment
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool