Ek lê in die bed, oë net oop. Dis koud, ys koud. Hoor oor die radio dit sneeu in Gauteng. WAT???? As dit sneeu dan is dit tyd pm die bas uit die kooi te kry.. dis foto tyd. Ek spring toe op, deur die stort en kameragereedskap gepak.. In die kar om sneeu te gaan soek. EK hoor dat dit by Blokhuis naby Meyerton sneeu. Die kar se neus in daai rigting en daar gaan ons. Na so 30 minute is ek in die "zone". Ek sien daar, nie te ver nie, lyk die wolke maar dik. Ek haas soontoe en wraggies, daar sneeu dit. Nadat ek 'n veilige plek gekry het om die kar te stop, spring ek uit en begin fotos neem..

Die eerste een..

Neem nog so paar maar dit het nou opgehou sneeu. Ek bekyk die wolke met woede soos wat hulle ooptrek. Klim maar in die kar en ry sneeu soek.. ry vir amper 'n uur en half maar ek is seker nou te laat. Die sneeu is verby. Ek besluit maar om huiswaarts te beweeg en toe kom die oproep in.. dit sneeu dikstukke naby my huis.. Natuurlik jaag ek nou soontoe maar toe ek daar kom, was dit al verby... of toe het ek so gedink..

Iewe skielik begin dit oralste om my sneeu. Ek maak die venster oop en sommer uit die kar uit skiet ek..

Dis 'n fantasie wêreld om my. Die kamera werk oortyd!!

Teen die tyd het een van my studente, Amanda, by my aangesluit.. ook opgewonde oor die gebeurtenis!!

Ons neem fotos dat die bissies bewe... spring gou maar weer in die kar

... besluit dan om na 'n meer fotogenies plek te gaan soek.. ons hoef nie vêr te ry nie..

Na nog so uur van fotos neem groet ons mekaar en ek ry maar terug studio toe.. maar die van julle wat my ken sal weet dat dit nog nie verby is nie.. ek besluit dat sneeu ook in die park daar naby my moes geval het.. en ek was nie verkeerd nie!

Dit was nou 'n lekker dag! Vingers nie meer gevoel in hulle nie, liggaam vriesend maar die fotos alles die mooiete werd... Wat dink jy?

Views: 347

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on August 16, 2012 at 5:17pm

Hallo Robbie!

Uitstekend (soos gewoonlik). Dis heerlik om na jou foto's te kyk. Baie dankie vir die deel!

Comment by Tina le Grange on August 14, 2012 at 1:52pm

Veels geluk Robbie;  jy is 3de op Leaderboards!!

Comment by Stephen Fouche on August 13, 2012 at 10:24pm

Ai dit wil ook nie sneeu hier in Mosselbaai nie.. pragtige fotos Robbie !

Comment by Robbie on August 9, 2012 at 5:24pm
Baie dankie almal vir julle positiewe kommentaar. Dit word opreg waardeer.
Comment by Jannie Labuschagne on August 9, 2012 at 11:15am

Robbie

Dis pragtige fotos

Comment by Elizma Fourie on August 8, 2012 at 5:44pm

Dankie dat jy dit gedeel het, ek was redelik bek-af omdat dit oral sneeu maar net nie hier by ons nie. Die foto's is pragtig so ook die verwerking daarvan, nou was ek ook darem bietjie deel van die sneeu.

Comment by Anita du Toit on August 8, 2012 at 4:57pm

Pragtig Robbie

Comment by Gerrie Lambrechts on August 8, 2012 at 4:54pm

Dankie Robbie dit is pragtig. Ons het op Worcester groot geword en ek kan nou nog voel as daar ys in die reën is en dan kan jy maar kyk daar is sneeu op die berge.

Comment by Tina le Grange on August 8, 2012 at 4:34pm

Robbie, baie dankie dat jy die pragfoto's met ons gedeel het;  hier in die Kaap waar ons bly sien ons dit nooit.  Jou storielyn is ook baie oulik.

Comment by Coline du Toit on August 8, 2012 at 4:10pm

Ek dink jy is reg. Uitstekend Robbie. Dankie. Veral die sneeumeisiefoto is pragtig.

© 2021   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html