Daar is 'n foto in elke geleentheid...

 

"Kwasie-filosofiese psigobabbel of werklikheid?", het ek in my enigheid gewonder.  Gemotiveerd deur my en Emil se Glen foto-ervaring het ek verlede Sondag besluit om die pad te vat en hierdie stelling eksperensieel te ondersoek.  Hierdie keer net met my kamera as metgesel, en die Kimberleypad wat deur die kar se wiele opgevreet word.   

 

Soos wat die wiele versadig begin word het, het ek gewonder of hierdie geleentheid nie 'n vrugtelose een gaan wees nie.  Tog, die wolke was dramaties. Die lig was reg.  Die kamera se battery gelaai. Op die ergste, besluit ek toe, gaan neem ek foto's by die Krugersdriftdam.  Sekerlik sal daar 'n toneel wees waarvan my lens sal hou?  Onthou net:  'n Foto in elke geleentheid.  En toe kom die foto's:

 

  

 

 

  

 

 

Die voorafgaande week se reen het fotograaf-genadewater geword en prentjie mooi tonele was oral te sien.  "Die grootste vloede sedert 1988!", het die koerante dit uitbasuin. Die aarde se versadiging het my lens se beloning geword.  En dit waar mense bedreig was met die mag van die natuur en traumatiese ontruimingservarings.  

 

Water in oorvloed was daar ook by my voorafbeplande eindbestemming.  Met die son wat water trek oor die Krugersdrifdam het die son ook begin sak na nog 'n vrugtevolle fotosessie.

 

 

 

Terwyl my karretjie die opgevrete kilometers uitspoeg oppad terug besef ek tevrede:  Ja, daar is 'n foto in elke geleentheid.  Maar ook:  Daar is 'n geleentheid in elke foto! Die geleentheid om as navigator van die kameralens uit elke geleentheid as mens te groei. , maar ook ander te laat groei.  Om met klein kind verwondering die wereld opnuut, asof vir die eerste keer, raak te sien. 'n Algehele sensoriese vernuwing te ervaar. En dan bewus te word van die wonderlike gawe van kreatiwiteit. En geseend te voel oor die oorvloed in ons eie lewens.

 

My beker loop oor!

 

Views: 297

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rudi Kleynhans on June 29, 2011 at 9:13pm
Dankie, Frans - ek hoop ek kan met foto's en woorde jou daar in die verte 'n bietjie nader aan die huis bring!
Comment by Frans van Heerden on June 29, 2011 at 8:43pm
Dankie Rudi, Afrikaans bly n wonderlike medium om n mens se gevoelens mee uit te druk! Mooi skryf werk, aangenaam om te lees en die fotos vul jou skrywes baie mooi aan. Dankie
Comment by Rudi Kleynhans on June 22, 2011 at 5:16pm
Leonie, ek gaan beslis aandag aan die roadtrip-idee gee.
Comment by Leonie Blignaut on June 22, 2011 at 4:10pm

fantastiese blog, ek en my man is in vir so 'n roadtrip as iemand dit gaan reel

Comment by Gerhard Beukes on June 22, 2011 at 8:09am
Hi Rudi, my fotos is op my prifiel, een van 'n donkie kar, een van 'n windpomp en dan die lang pad.
Comment by Rudi Kleynhans on June 21, 2011 at 9:56pm
Gerhard, jou roadtrip klink na 'n baie goeie idee - ek gaan 'n bietjie daaroor dink oor hoe 'n mens dit kan aanpak.  Dalk ook wanneer dit 'n bietjie warmer is?  Dankie vir jou terugvoer.  As jy foto's geneem het van jou roadtrip, laat ons dit 'n bietjie sien.
Comment by Gerhard Beukes on June 21, 2011 at 6:31pm
Baie nice Rudi, so 'n roadtrip doen wondere, het so maand terug die grondpad tussen Dewetsdorp en Reddersburg gery (3 ure lank) mens sien die pragtigste geleenthede. ons moet dalk so 'n roadtrip reel vir die fotoskolers.
Comment by Rudi Kleynhans on June 21, 2011 at 5:45pm
Dankie vir julle reaksie!
Comment by Emil Thompson on June 21, 2011 at 12:29pm
Ek's nou spyt ek kon nie saamgaan nie Rudi! Pragtige foto's!!! My gunstelinge is foto 2 en die laaste een. Bly jy het dit geniet.
Comment by Johan van Zyl on June 21, 2011 at 7:34am
Goed gedoen Rudi

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html