Ek raak net al hoe meer lief vir fotoskool. Ek geniet dit baie om al die idees te kry en dan te eksperimenteer. Ek het so ook dan nou vandag begin speel met die hele HDR konsep. Ek is natuurlik ‘n absolute amateur as dit by HDR kom, maar ek moet se ek is mal oor die HDR fotos wat hier op Fotoskool is.

Ek het ongelooflik baie om nog te leer, op die oomblik is alles maar op “auto pilot” as ek neem en verwerk.

Ek wil hierdie week ook skryf oor Geocaching en die potensiaal wat daar bestaan om dit met fotos te kombineer. Ek het baie onlangs eers van Geocaching gehoor en ek moet se dit is baie lekker om deel te wees van hierdie internasionale gemeenskap.

Kom ek vertel so kortweg wat dit is. Julle sal die program Skattejag onthou wat ‘n paar jaar… of dekades terug op TV was. Scot Scott het rondgevlieg in ‘n helikopter terwyl ‘n paar deelnemers hom rigting gee uit ‘n studio. Hul moes seker raaisels oplos en dan so die ‘skatte” opspoor.

Geocaching is baie dieselfde, met die verskil dat elke deelnemer, internasionaal ook, van hierdie “skatte” of “caches” kan wegsteek. Dit word dan op ‘n webblad gelys en jy kan dan inteken om deel te neem and dan die caches op te spoor.

Dit is baie opwindend. Daar is sowat 1.3 miljoen caches weggesteek om die wereld en duisende in Suid-Afrika. Daar is sowat 190 in Bloemfontein en selfs 34 op klein plekkies soos Virginia. Dit natuurlik net as voorbeeld.  Jy ry heel moontlik daagliks by 'n paar van hierdie caches verby sonder om dit te besef.  Hierdie naweek was daar byvoorbeeld 'n paar spanne van Ermelo wat die caches kom soek het hier in Bloemfontein. Die spanne het elk meer as 'n honderd van die caches opgespoor.

Ek begin wonder of mens nie so ‘n konsep kan ontwikkel, maar deur spesiale foto-geleenthede so te merk nie? Dalk aan te dui dat ‘n spesifieke area ‘n ongelooflike uitsig het en ideale geleenthede bied vir die neem van fotos.
Ek kan net dink hoeveel honderde van hierdie geleenthede in die Oos-Vrystaat sal bestaan. Elke hoek en draai het ‘n mooi foto.

As voorbeeld kan ek noem dat die rede hoekom ek vandag na Oliewenhuis gegaan het, en ‘n paar HDR fotos geneem het was eintlik om een van die caches te gaan soek. (Daar tussen die skapies is daar ‘n cache versteek.)

Gaan kyk dalk ‘n bietjie by http://www.geocaching.com. Dink bietjie daaroor! Dalk kan ons hier in SA iets nuuts begin… of dalk is dit reeds aan die gang? Geocaching en fotos kan werklik hand aan hand gaan!

Views: 65

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html