Ek wil graag vir my 'n lens koop, ek het tans 'n canon 70D kamera met 'n kit lens die 18-135 STM.

 

Ek wil die voels, meerkatte ens hier op die plaas afneem asook die kinders as hulle sport doen.

Ek oorweeg die Canon 400mm f4 STM L lens? Het iemand so lens? Beperk die f-stop mens baie? Ek kan ongelukkig nie die ander 400mm van amper R100,000 bekostig nie. Het raad en hulp nodig.

 

En wil ook 'n lens vir portrette aanskaf asook 'n externe flash as iemand hier ok aanbevelings kan maak. Groot asb.

 

Ek kannie bekostig om iets te koop wat ek nie mee tevrede gaan wees of oor 'n maand wil vervang nie.

 

Help asb.

Views: 389

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elma Coetsee on August 6, 2014 at 10:45am
Sjoe dankie Prof Hennie dis so waar ek is so bang ek maak verkeerde besluite en berou dit ek het kinders en hulle kos geld so ek werk maar op 'n budget. Baie dankie vir die insiggewende raad en leiding ek waardeer dit baie. Ek sal maar bietjie gaan kyk na die voorgestelde lense en wat by my budget pas en hopelik 'n plek kry in Bloemfontein om lense te huur en hopelik sal ek dan so tussen die lense wat oorbly my besluit kan maak. Nogmals baie dankie vir jou tyd en opofferings.

Baie dankie Josef vir die goeie raad ek gaan ek gaan bietjie huiswerk doen en kom aanklop as ek vasbrand. Gaan nou eers hard soek vir 'n plek wat lense verhuur.

Baie dankie vir julle almal se bydrae en hulp. Julle maak fotoskool sooo lekker!
Comment by Josef Steyn on August 5, 2014 at 6:22pm

Elma, Jy het 'n goeie kamera en hy verdien 'n goeie lens. Jy het 'n hele aantal voorstelle gekry en jy sal moet oorweeg watter een jou die beste pas. Dit is baie moeilik om aanbevelings oor lense te maak omdat een van die bepalende faktore die hoeveelheid geld is wat jy bereid is om uit te gee. Ek wil dus 'n paar algemene opmerkings maak: As jy wild en voels wil afneem sal jy altyd wens vir 'n langer lens.  Ek self gebruik die Canon 100 - 400mm en dit is uitstekend maar duur. As jy 'n converter by jou lens oorweeg vind uit of die kamera se outofokus werk as jy die converter op het. As ek die converter by my lens opsit kan ek net per hand fokus. Die lensopening van f4 is nie 'n groot probleem nie. Ek vermoed jou kamera behoort groot ISO getalle goed te hanteer. 

As jy na verskillende lense kyk gaan soek vir ingeligte, objektiewe 'reviews', soos bv by 'www.dpreview.com' Moet jou nie steur aan privaat persone se opinies op die internet nie.

 Die 50mm f1.8 is 'n goeie lens, maar vir portrette sou ek eerder 'n kort zoom verkies (tot +/- 135mm). Die effense nadeel van die 50mm is dat as jy die portret wil neem jy jou kamera (of jouself) nader en verder aan die persoon moet beweeg om die skoot te kry. Met 'n zoom kan jy en jou kamera stil staan en jy zoom net in of uit. As jy op die internet sou soek vir portret lense sal jy waarskynlik vind dat meeste foto grawe op tussen 70mm en 135mm skiet. Daar is goeie redes daarvoor. Ek self het die 50mm f1.4 en dit is ook 'n goeie lens. Ek gebruik egter baie selde die lens heel oop omdat die velddiepte by sy maksimum lensopening so vlak is. Dit sal ook geld vir die f1.8. Vir die bietjie portrette wat ek doen gebruik ek meestal my 28 - 105mm, maar as ek baie portrette sou neem sou ek liewer vir die 135mm zoom gaan.

"n Goeie vriend van my het altyd sy wildfotografie met 'n Sigma 150 - 500mm gedoen en goeie resultate behaal. Wat hy deesdae kos weet ek egter nie.

Finale opmerking: Doen eers goeie navorsing voor jy koop en koop dan die beste wat jy kan bekostig. As jy 'n begroting het waarbinne jy moet werk, skryf direk vir my dan kan ons die verskillende opsies bespreek.

Die voorstel oor huur voor jy koop is goed.

Comment by Hennie Cronjé on August 5, 2014 at 6:01pm

Hi Elma

Die keuse van 'n lens is moeilik, maar belangrik en moenie oorhaastig wees nie. Dis goed jy win raad in van verskillende mense. Die lens is die belangrikste van jou fotografiese apparaat en dit hou lank.

My visie oor lense is as volg. Jy het 'n gebruikslens nodig vir alledaagse gebruik en daar beveel ek 'n 18-200mm f3.5-5.6 aan vir 'n halfraam kamera soos die 70D. Dis dieselfde as die twee kit lense, maar beter en net een lens, wat dinge makliker maak.

Dan is daar 3 spesialis-rigtings waar mens spesiale elnse moet koop: makro, telefoto en wyehoek (onder 18mm vir 'n halfraam kamera). Vir makro beveel ek 'n Canon of Sigma 100mm f2.8 aan - albei uitstekend. Vir 'n halfraam sal die Sigma 10-20mm die beste koop wees vir 'n halfraam kamera. Wat telefoto betref moet mens mooi dink omdat hulle so duur is. Die keuse is 300, 400, 500 eof 600mm. Kom ons kyk net na die 300 en 400mm. Die 300 f2.8 sal 450mm f2.8 op jou kamera wees. As jy 'n 1.4X tele-omsetter bykoop. gaan dit op na 650mm f4 - gladnie te versmaai nie. Dis goedkoper en ligter (makliker hanteerbaar) as die 400mm f2.8. Die 400mm f4 is 'n goeie alternatief. Ek is egter nie seker van sy prys en gewig nie, maar ek dink dis effe laer as die 300 f2.8. Omdat hy f4 is, sal 'n tele-omsetter hom opvat na f5.6, wat bietjie hoog is. Daarom is ek nie opgewonde oor hom nie. Die 400 f2.8 is 'n meester, maar swaarder (moeilike hanteerbaar) en heelwat duurder.

Ek het 'n volraam kamera met 'n 300mm f2.8  (uit my halfraam dae) en 'n 500mm f4. Ek vind die 300mm (met 'n 1.4X omsetter) uiters waardevol en gebruik hom steeds vir allerhande soorte fotografie, selfs makro (insekte waar jy bietjie verder weg wil wees). Die 500 gebruik ek uit en uit vir wild (soms vir landskappe). Vir voëls het mens 'n 300 (+1.4X) of 'n 400 f2.8 op 'n halfraam en 'n 500 of 'n 600mm f4 op 'n volraam nodig. Koop altyd hier jou kamera se fabrikaat (nie Sigma nie).

Die raad wat jy gekry het om lense te huur en uit te toets is goeie raad. Dit sal jou help om reg te besluit.

Sterkte met die groot besluit!

Groete

Hennie

Comment by Elma Coetsee on August 5, 2014 at 3:02pm

Sjoe, Christa dit sal wonderlik wees. Ek is naby Bloemfontein. Weet iemand dalk van so iets hier rond?

Comment by Christa Snyman on August 5, 2014 at 2:57pm

Hi Elma

Jy kan nogal lense huur (met die gedagte om te koop). Weet nie presies waar jy woon nie, maar in die groter stede is daar heelwat van hulle. Dis dalk 'n veiliger opsie :).  Sterkte met die groot besluite!

Comment by Elma Coetsee on August 5, 2014 at 12:13pm

Dankie Gene vir jou hulp ek waardeer ek het nogal gedink aan die Canon EF 50mm f1.8 vir portrette. Dankie nou weet ek wat om na te kyk daai R45000 is bietjie uit my budget. Dankie Elna ek gaan nou bietjie loer tussen hulle. Is nog so dom en so bang om onnodig geld te spandeer op verkeerde lense want daar is so wye verskuidenheid. Wens mens kon lense huur vir 'n week met die opsie om te koop. lol

Comment by Elna Geringer on August 5, 2014 at 5:22am

Skuus......wou nog se : bewegende dinge afneem met die lens werk soos n bom. Ek sal die lens 100% aan beveel

Comment by Elna Geringer on August 5, 2014 at 5:18am

Hi Elma

Dis wat my aanbetref beslis n kamera uit een stuk. Geluk daarmee.Ek het ook in die begin baie geld uit gegee vir verskillend lense maar nou het ek net twee. Ek het Tamron se 16-300mm en n Sigma wyehoek lens. Ek het van al my ander lense ontslae geraak. Die 16-300mm doen net mooi als,naby en ver. Ek skiet voels,wild en naby soos blomme ens. Ek gaan nog net bele in n goeie Makro lens of dalk n Buis kry vir die 16-300. Ek stem saam met Gene wat die Nifty Fifty aan betref as jy groot is op portret fotos.Die Tamron het my R7000.00 gekos. Jy sal nie spyt wees nie en nou is my kamera sak ook sommr baie ligter om te dra.

Comment by Gene on August 4, 2014 at 7:50pm

Hi Elma ,

Om mee te begin , 70D is een ordentelike stuk kamera. Canon se " Wit lense " , die L reeks is nogal duur.

Dat jy reeds gestel het wat jy wil afneem sal ek 'n Zoom lens aanbeveel. Het al goed en sleg gehoor van Tamron . Ek gebruik meestal 'n Sigma APO DG IS 120-400mm op 'n 650D Canon vir wildlewe. So R 10 000 nuut. As jy die Sigma 120-300 EX F2.8 met 1.4 en 2 x teleconvertor wil kry sal dit so R 45 000 wees. Vir portret werk , kry Canon se Nifty Fifty , ook bekend as die fantastic plastic. Canon EF 50mm f 1.8. Sowat R 1000.00 . Kontak my maar met 'n boodskap as jy meer wil weet of fotos wil sien wat ander ook met Sigma's gedoen het.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html