Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek het al 'n paar keer fotos van ballonne wat met water gevul is afgeneem. Maar nie net sommer so nie, maar op die oomblik of net nadat hulle gebars het! Die mikpunt is om die "ontploffing" vas te vang.
Iets soos hierdie.
Ek moet maar nou erken dat dit bitter min is dat jy dit op hierdie perfekte oomblik gaan vasvang. Dit gaan nogal baie oefening en geduld neem.
Daar is twee metodes om hierdie aksie vas te vang. Die een is met flits (flash) en die ander met sonlig op 'n helder dag. Ek gaan die tweede manier beskryf aangesien baie mense nie flitse het nie.
Die heel idee is om die aksie te vries so ons gaan helder sonlig nodig hê, 'n kamera wat ten minste 1/4000ste van 'n sekond kan afneem (verkieslik vinniger), 'n lens van so 300mm (70-300 werk ook goed as dit op 300mm gestel is), 'n driepoot, ballonne, tou en natuurlik water. Ook 'n plek om die ballon vas te maak sodat dit in die son kan hang. (wenk, as jy nie so boomtak of iets soortgelyk het nie, gebruik 'n leêr en hang dit van die middel af tussen die bene). Laaste dan iets om die ballon te laat bars. 'n Kopspeld wat op 'n strooitjie of so iets vasgemaak is werk ook goed.
Maak jou ballon vol water , knoop dit en maak 'n stukkie tou by die knoop vas. Hang dit nou op en maak seker dat dit in die sonlig hang. Staan nou agtertoe, kamera op die driepoort en stel die kamera tussen 200 - 300mm op sodat jy die raam met die ballon redelik volmaak. (Draai die kamera in portret orientasie om dit mooi in te kry)
As jy jou komposissie nou reg het, maak alles op die driepoort vas en stel jou kamera nou op Tv of S mode. (aanhangende die fabrikaat van jou kamera)
Stel jou kamera op die hoogste spoed - seker so 1/4000. Kyk dan wat die lensopening is. As dit onder F6.3 is, verhoog jou ISO totdat dit F6.3 bereik.
Stel jou kamera ook nou op dat dit op "multi shot" is... dws, as jy die sluiter knoppie druk en aanhou druk dat dit fotos na mekaar neem.
Ons is nou reg! Kry iemand om langs die ballon te staan en dan as julle reg is, druk jy en hou jy die sneller af as hulle die ballon laat bars (hulle mag dalk bietjie nat word. Dis hoekom ons met 'n langer lens werk sodat ons en die kamera nie nat word nie). Jy sal seker so 4 of 5 fotos inkry. Kies dan jou beste een!
So maklik soos dit!!
Comment
Dankie Robbie vir 'n uitmuntende stukkie inligting wat 'n mens nie anders kan as om dit te wil probeer nie.
Dankie Robbie - goed uiteengesit. Jou beskrywing laat n mens dink dis sommer maklik maar as n fotograaf nie die regtoe toerusting het nie gaan dit nie so maklik wees nie.
Sjoe, Robbie, baie dankie vir die stap vir stap inligting. Ek gaan verseker die naweek bietjie gaan speel. Nog nooit so foto gesien nie!
Wow, Robbie, dis uitstekend gedoen! Dankie vir die mooi uiteensetting. Gaan dit definitief beproef!
Uitstekende tydsberekening Robbie, dankie vir die deel oor hoe om dit te doen. Nou net iemand kry wat lus is vir nat word...
Dankie almal.... Francois, met so hoë sluiterspoed sal jou agtergrond onderbelig wees en sal dus donker of swart wees.
Net weer 'n dom vraag, maar so leer ons. Hoe het jy die agergrond reggekry?
Dit klink baie opwindend, ek gaan definitief probeer. Baie dankie dat jy dit met ons deel! Wonderlike blog!
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool