Jou eie persoonlike webblad-ontwerp teen die regte prys - Freelancer.com

Hier volg ‘n vinnige Blog!  Ek het net besluit om vir ‘n minuut of twee gou te sit en net te vertel van ‘n diens waaroor ek absoluut mal is! Verskoon dus my tik en spelfoute aangesien ek weet ek hom nie weer gaan deurlees voor ek hom post nie.

Dit is vir my so snaaks hoe ons Suid-Afrikaners gereeld geleenthede sien om ander mense te melk vir elke sent wat hulle het.  Ons doen dit natuurlik onder die dekmantel van ‘n diens wat ons lewer en dat niemand anders die spesifieke dienste kan lewer nie.

Ongelukkig is ons geneig om hier in Suid-Afrika laat aan te sluit by die patytjies wat reg oor die wereld al in volle gang is.  ‘n Goeie voorbeeld is dat jy in die VSA sou sukkel om ‘n iPad 1 vandag te koop terwyl al die iPad 1’s wat nie verkoop het nie hier na Suid-Afrika stroom teen laer pryse.  Iemand moet die oorskiet koop!

Dit is egter nie die punt van my storie nie.  Ek hoor gereeld van mense wat vir die opstel van ‘n Blog tot R10 000 gevra word.  Ontwerpers vra lag lag R20 000 tot R30 000 om ‘n wordpress blog mooi te maak en ‘n mooi ontwrep te doen vir die agtergrond.  Ek het tot onlangs gehoor van mense wat meer as R30 000 gekwoteer word om ‘n Ning netwerk op te stel. 

Ek besef dat dit seker die persoon wat die diens versoek se skuld is dat hy nie ordentlik huiswerk gedoen het nie, maar ek dink werklik daar is ontwerpers wat dinge bietjie te ver vat op die oomblik.

Ek is natuurlik ten gunste van ‘n klomp geld maak, maar ai ek wil darem nog in die aand gaan slaap.

Friedman het gese “the world is flat”! Dit is so!

Of jou ontwerper in Bloemfontein, Johannesburg of China sit maak nie saak nie. Jy gaan vir hom boodskappe per epos stuur en as jy hom wil sien gaan jy dalk sommer kan Skype?

Al wat belangrik is, is dat jy kan sien wat hy in die verlede gedoen het en dat jy hom aan die einde van die projek kan betaal indien hy dit gelewer het wat jy versoek het.

Maar ai hoe kan mens nou die ouens in die hande kry?  Dit is nie asof jy sommer net wilde emails die wereld kan instuur nie?

Wel ek het die antwoord!  www.Freelancer.com!

Gaan bloot na Freelancer.com, registreer en post ‘n projek!  Dit kan gratis wees, maar as jy wil he dinge moet vinnig gebeur betaal jy net $5.  Die projek word gelys en binne minute gaan jy ‘n groot aantal “bids”ontvang.

Jy kan vra vir ‘n nuwe portfolio webblad, ‘n iPhone application, ‘n databasis, ‘n logo ens ens.

Wil jy dalk ‘n nuwe Wordpress blog ontwerp he wat jou persoonlikheid en styl pas?  Dalk met ‘n fotogallery?  Wel vra ontwerpers om jou te help en ek is seker jy gaan ‘n nuwe ontwerp kan kry vir onder R1500.  Plaaslik sou jy verseker tot R20 000 betaal het.

Hier is my voorstel!  Gaan na www.freelancer.com en gaan kyk bietjie na van die projekte wat reeds gelys is en kyk ook na wat die gemiddelde bid is vir van die projekte. Indien jy iets sien wat baie naby aan jou gedagte is kan jy maar seker wees dat jy ook die diens in daardie prysklas sal kan kry.

Die belangrikste is om nie noodwendig die eerste of die goedkoopste opsie te aanvaar nie.  Wag ‘n paar dae en kyk na almal wat belangstel se portfolios.

 

Amper vergeet ek van een van die belangrikste voordele van die webblad.  Jy betaal Freelancer.com en nie die diensverskaffer nie. Dus as jy ongelukki g is met die projek en indien jy voel jy nie gekry het waarvoor jy gevra het nie kan jy ‘n “dispute”verklaar. Freelancer.com sal die saak dan verder neem en slegs betaal indien jy en die verskaffer albei tevrede is.

Jy is dus beskerm teen enige skelms wat geld wil maak sonder om ‘n diens te lewer.

 

Laat weet my as jy ‘n ontwerp laat doen of laat doen het deur Freelancer!

 

Indien jy vrae het laat weet my!

 

Views: 279

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html