“Pappa, jy mag nie vir my jok nie!” Dis my jongste aan die woord met ‘n ernstige kyk in haar oë. “Is Kersvader regtig?”

 

Dit was een van daardie rigtinggewende oomblikke. Ek moes fyn dink. Uiteindelik, nadat ek my in ‘n splitsekonde beroep het op al my professionele en persoonlike ervaring, kom my versigtige antwoord: “Dit hang af wat jý kies om te glo.”

 

Ek kon die vraagteken in haar oë sien en ek verduidelik toe verder: “As jy kies om te glo daar is ‘n Kersvader, is daar 'n klomp lekker wat daarmee saamgaan: die opwinding dat Kersvader gaan kom en die geskenke wat jy in jou kerskous gaan kry. As jy anders kies, is al daardie lekker weg.”

 

Na deeglike oorweging kom haar antwoord met blye kinderlike oortuiging: “Pappa, dan is Kersvader regtig!”  En ek besef toe: Ons keuses kan vir ons ook hoop en vreugde skep, of dit vernietig ... 

 

Ek hoop jou keuses neem jou tot nuwe hoogtes in 2012.  Geseënde Kersfees!

Views: 208

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rudi Kleynhans on January 2, 2012 at 5:10pm

Dankie Gerhard en Liz.

Comment by Liz on December 31, 2011 at 7:16pm

Pragtig verwoord! ai toggie....snik.... snik....

Comment by Rudi Kleynhans on December 29, 2011 at 11:51am

Dankie, Gustav!

Comment by Rudi Kleynhans on December 26, 2011 at 8:40pm

Dankie, Francien!

Comment by Rudi Kleynhans on December 26, 2011 at 2:59pm

Dankie vir jou vriendelike opmerkings, Adriaan!

Comment by Adriaan Laubscher on December 26, 2011 at 2:00pm

Rudi, dit is regtig 'n lekker lees verhaal.  Ek het dit al aan 'n paar mense oorvertel en dit is altyd 'n goeie aanduiding van 'n lekker storie.  Nog meer met 'n goeie stukkie les en boodskap daarby!  Dankie vir die deel!

Comment by Rudi Kleynhans on December 26, 2011 at 11:58am

Dankie Igno, Charles en Susan!

Comment by Igno van Niekerk on December 26, 2011 at 10:50am

Dankie, nogmaals Rudi, vir 'n pragtige les!

Comment by Charles Whitehead on December 25, 2011 at 9:17pm

Rudie - weereens 'n pragtige storie van kinderlike onskuld.

Mag julle Sy Seën gedurende die Kerstyd ervaar asook 'n voorspoedige 2012 vir julle almal

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html