Hi julle

Ek het besluit om so stukkie te skryf oor hoe ek my fotos neem en hoe ek hulle bymekaar sit.

Eerste kort mens n DSLR kamera en n stewige tripod
Sonder n tripod gan mens baie sukkel om Landskap foto perfek te neem, die fotos sal nie altyd skerp wees nie of dit sal baie "blur" in die foto he omdat die shutter spoed nie altyd reg sal wees vir sekere lig omstandighede nie, veral as dit begin donker word.

Tweede kort mens ook n CPL en UV filter op jou lens

Die UV filter beskerm die lens / CPL filter teen krap merke en maak ook die kleure beter op jou foto. As mens die CPL filter draai kan mens ook sien dat dit die refleksies weg neem op die water of glas maar maak ook die lig blouer. Mens kan kies hoe jy jou lig wil he op jou foto, dit sal altyd ook baie help om hierdie filters te he, in enige omstandighede, tot in model werk met studio flash en strobes, selfs flash reflectors. Ek gebruik gereeld my CPL om die water deurskynend te maak sodat ek die rotse / klippe onder die water kan sien op my sonsondergang fotos.

Derde, maak seker jy het n vol battery
Daar was al baie gevalle gewees waar ek klomp fotos geneem het en sodra dit regtig begin mooi word, kalf my battery. Probeer jou battery spaar en neem net n paar ingeval daar iets beter sal wees nadat die son afgegaan het.

Ek skiet altyd op die "golden hour". Dit is wanneer die lig perfek is! (sodra die son op kom of af gaan). Mens kry altyd die perfekte lig op so tyd en maak fantastiese fotos.

Soek vir dae met wolke, nie net son nie, wolke maak n foto meer dramaties en gee dit meer emosie, baie mense is te bang om uit te gaan as dit koud of bewolk is, dit is eintlik die perfekte tyd om te skiet. Onthou een ding, elke persoon wil n mooi dag he en fotos vat op n dag wanneer daar geen wolke is nie, maar wat maak jou foto dan anders as die res? Wolke is altyd n goeie ding. As jy donderweer en weerlig kry, go for it!

In n geval van weerlig, sit jou kamera op n tripod, stel jou shutter speed op 10 sekondes en sit dit op n timer of gebruik n shutter release cable. Neem elke tien sekondes nog n foto todat jy weerlig vang op die foto.

Ek skiet ook altyd my fotos net in RAW, nie Jpeg nie, mens kan baie meer exposures van een enkele RAW file kry.

Stel jou kamera op in Bracketing. Bracketing bedoel dat jy meer as een exposure kan neem op jou kamera, een donker, een medium en een ligte exposure.

Met hierdie 3 RAW files, kan jy of n HDR maak of jy kan die medium / ligte foto en donker foto gebruik in Photoshop . Mens sal die donker foto bo op die ander foto sit. Die donker sal gebruik word vir die background / lig en die medium / ligte foto sal gebruik word vir jou foreground.

Die rede hiervoor is omdat die kamera net een exposure kan af neem op n tyd en ons oog kan baie meer sien as n lens.

Die enigste manier hoe om dit te sien soos ons met die oog dit sien is om n HDR te maak of twee exposures te blend in Photoshop met die gradient tool. Dit is alles deel van Layers in photoshop. Ek vind natuurlik dat Photoshop meer realisties is as n HDR, baie fotograwe oordoen dit en lyk nie soos n foto nie, dit lyk meer soos n animation. Daar is n baie bekende saying: "Less is more"

Ek gebruik ook baie die "Live view" function op my kamera. Sodra jy dit an sit, kan jy sien presies hoe jou exposures sal lyk voordat jy die fotos neem. Dit maak dit ook baie maklik om te sien presies wat jy wil af neem en mens kan ook baie beter dinge beplan met hierdie funksie.

Dit maak wel gou jou battery pap, so kyk hoe jou foto sal lyk, sit dan live view af, neem dan die foto. Dit sal ook jou battery lewe spaar om so te doen. Wat lekker is van "Live view" is dat jy ook kan sien hoe jou foto lyk terwyl jy jou CPL filter draai, dit sal jou presies wys hoe die water lyk en hoe die lig sal lyk voodat jy die foto neem.

Nog n voordeel van "Live view" is dat dit n "grid" het. Hierdie "grid" wys jou die rule of thirds. Die onderste 3 blokkies sal wees vir jou foreground, die middelste 3 blokkies sal gebruik word vir jou midground end die boonste 3 blokkies sal gebruik word vir jou background / sky. Die rule of thirds help ook om jou horison reguit te hou.

Probeer om altyd ISO 100 / 200 te skiet met n shutter spoed tussen 20/1 sek tot 5 sek. Hoe langer jou shutter oop is, hoe meer lig laat die sensor in, so mens sal dit maar meer gebruik as dit redelik donker is. Enige iets van 20/1 sek tot 1 sek sal mens mooi water gee op n foto (long exposure), ek probeer die exposures nie te lig maak nie, maar ook nie te donker nie, mens soek n foto so realisties as moontlik. My aperture begin by F18 as die son net af is, maar mens moet dit afstel sodra dit donkerder word anders sal mens nie 20/1 sek - 2 sek fotos kan skiet nie, dit sal dan 3 - 10 sekonde fotos wees.

Onthou, sodra jy een ding verander soos Aperture / ISO / Shutterspoed, moet mens die ander ook stel om die lig te pas op kamera se "lightmeter"

Probeer om nie "underexposed of "overexposed" fotos te neem nie, dit maak dit moeliker om te edit en as dit te donker is sal jy baie noise op jou foto he as jy die RAW file ligter maak. Jy kan n noise reduction program koop maar dit kan ook bedoel dat jy kwaliteit verloor op jou fotos.

Soek vir refleksies op klippe, hulle help ook nogal baie en maak mooi fotos!

Onthou ook een ding, soek vir n onderwerp om te skiet, die voorgrond speel n belangrikke doel in n foto, sonder n onderwerp verloor mens vinnig konsentrasie op n foto of dit sal net nie sin maak nie. Die kyker wil n storie agter n foto sien en hulle moet nie belangstelling verloor nie

Ek het so paar fotos onder hierdie opgesit vir julle om na te kyk!




Hoop dit het gehelp
Juan

Views: 589

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Sandra Grobler on April 20, 2012 at 6:30pm

Ek herken al my foute in een artikel!  En die grootste een is haastig wees - sulke mooi fotos vra geduld.

Comment by Juan Wernecke on April 18, 2012 at 7:33pm

Net n plesier Igno :)

Comment by Igno van Niekerk on April 18, 2012 at 3:39pm

Juan, Baie dankie vir 'n heerlike leersame blog. Groete, Igno

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html