Ek is nie die amptelike woordvoerder van die Fotoskool lede nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek namens almal praat wanneer ek baie dankie sê vir dit wat Fotoskool vir ons beteken. Baie dankie aan Igno en Hennie wat hierdie platform aan ons bied om ons stokperdjie uit te leef en te geniet. Ek weet nie wie almal agter die skerms betrokke is nie, maar baie dankie. Iemand maak hierdie webwerf moontlik en van êrens af moet dit sekerlik befonds word.

Toe die Fotoskool webblad vir die afgelope twee dae van die web af "verdwyn" het, het ek net weer besef hoe groot deel Fotoskool van ons lewens geword het. Ons aanvaar dit as vanselfsprekend dat die blad maar daar moet wees vir ons om foto's te plaas. Wanneer jy die dag as gevolg van tegniese probleme nie 'n foto kan plaas nie, voel 'n mens half "verlore."

Dit het my sommer net laat dink, indien Fotoskool eendag nie meer bestaan nie, waar gaan ons, ons foto's plaas? Waar gaan ons weer 'n kindervriendelike en Afrikaanse webwerf kry waar dit voel asof ons mekaar ken? Baie dankie ook vir al die lede wat die etos van Fotoskool beskerm en respekteer. 

Lank lewe Fotoskool.

Johan Ayres

 

Views: 57

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frans van Heerden on July 22, 2020 at 9:03am

Johan, jy voer geldige argumente aan. En ja, die kommersiele kwessie is belangrik maar hou in gedagte dat web werwe kan geld van adverteerders ook bekom - hoe meer besoekers (traffic) hoe meer waardevol is dit vir adverteerders en dus hoe duurder om op die blad te adverteer. Mens moet ook vra hoe realisties is R100 pppj? Gaan dit noodwendig n verskil maak aan die koste van berging/stoor ruimte? 

Comment by Pine on July 19, 2020 at 9:26pm

Johan jy is heeltemal reg, Fotoskool is werklik baie spesiaal en mens besef nie aldag  hoe ń groot verskil dit in ons lewens maak nie. Vir almal wat Fotoskool instandhou, Baie Baie dankie

Comment by Anita du Toit on July 19, 2020 at 9:11pm

Ditto op almal se kommentare!

Comment by Vida van Schalkwyk on July 19, 2020 at 2:27pm

ja Johan, ek was ook baie bly en verlig dat Fotoskool weer beskikbaar was; het sommer groooot geskrik!! - Ek dink Elna se voorstel van R100 (of watter bedrag ook al) is 'n goeie idee!!

Comment by Elna Geringer on July 19, 2020 at 11:11am

Ek en Huey styem 100% saam Johan. Sonder FS is my dag sommer net onderste bo. Ek het al lankal gedink dag ons Igno moet nader en voorstel dat FS 'n betaalende platform word. Al dra die aktiewe lede net R100.00 'n jaar by, glo ek dit gaan help en die lede wat genot uit FS put gaan dan gesif word van die wat net aan gesluit het maar nog geen bydrae gelewer het nie

Comment by Herman on July 18, 2020 at 7:31pm

Stem saam

Comment by Doretha Kock on July 18, 2020 at 5:18pm

Johan, baie dankie, ek stem saam. Fotoskool beteken vir ons baie.

Comment by Josef Steyn on July 18, 2020 at 4:05pm

Baie waar Johan. Dit beteken dat ons Fotoskool moet koester en veilig hou.

Comment by Tersia Weitsz on July 18, 2020 at 1:33pm

Ek stem met Johan saam.  Dankie Igno en wie ook al dat ons nog 'n skool het!!!!!

Comment by Susan on July 18, 2020 at 1:11pm

Jy is reg as jy namens ons almal praat, ek stem saam. DANKIE AAN ALMAL

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html