Nuutste korrespondensie - kom help ons 'n wonderlike toekoms bou vir Fotoskool

Liewe Fotoskolers,

Ek hoop dat elkeen van julle uitsien na 'n heerlike langnaweek, om weer uit te kom en foto's te neem.

Ek wil julle asb vra om hierdie e-pos volledig te lees, want ons beplan 'n klomp baie lekker dinge vir fotoskool, en het julle insette nodig...

Eerstens... BAIE BAIE belangrik...

Databasis opdatering:

Indien jy deel wil wees van wat Fotoskool in die toekoms gaan bied, maak asb seker dat jy tyd maak om net "in te log" op fotoskool gedurende die  twee weke. Ons beoog om teen einde September/begin Oktober die databasis na te gaan, en mense wat nie vanaf 1 Januarie 2020 Fotoskool besoek het nie se name te verwyder. Die rede is dat baie mense aktief was, maar het intussen van stokperdjie verander, of by ander fotografie webwerwe aangesluit. Ons is almal oorweldig met aanbiedinge en massas inligting, en ons wil graag he dat fotoskool vir jou iets beteken.

So paar idees en dan versoeke vir julle insette:

Tans het ons die volgende idees vir fotoskool, ons gaan op die hoofblad die kursusmateriaal van die mentorskap program plaas, kort kursusvideo's in Afrikaans oor Photoshop en Ligthroom (gebaseer op die DVD's wat ek jare gelede gemaak het), en maandelikse zoom-gesprekke en/of foto-evaluering-sessies met fotograwe. Maar ek weet dat van julle ook briljante idees/voorstelle kan he, en nooi julle graag om enige voorstel aan te stuur aan ignophoto@gmail.com . Daar sal ook op fotoskool 'n forum wees om idees te deel.

Toekoms:

Wat ons wel weet is dat fotoskool so 'n fantastiese kultuur het, dat ons definitief gaan voortgaan.

Die atmosfeer en vriendskappe wat al op fotoskool ontstaan het is van onskatbare waarde, ek was bevoorreg om baie lede in persoon te ontmoet en saam te gaan foto's neem danksy fotoskool. Hierdie vriendekringe is goud werd.

Tans ondersoek ons die netwerk waarop fotoskool gestoor word, die moontlikhede daarvan en die moontlikhede van ander netwerke. Wees dus veranderinge te wagte, wat dalk ook 'n baie billikke betaalmodel vanaf 2021 kan insluit (indien dit sou gebeur sal ons verseker dat jy maksimum waarde teen 'n minimale koste sal kan put). Baie hang egter af van die gesprekke wat ons met lede gaan he, sowel as julle voorstelle.

Leer nou soveel jy kan!

Op hierdie oomblik is daar 98 277 (ja, amper 100 000) foto's op fotoskool. Die meeste met kommentaar by. Dus, dis een fantastiese bron van leer. Loer gerus na die tegniese kommentare op foto's, of kies 'n fotograaf van wie se werk jy hou en kyk na al hulle foto's. Wanneer die databasis opdateer word behoort ons baie van hierdie inligting te verloor, so maak gerus 'n tydjie iewers in die volgende twee weke om na van die wonderlike foto's te gaan kyk.

Nie stoorplek

NB: Onthou asb dat fotoskool nie 'n stoorplek vir foto's is nie, en dat ons nie kan waarborg dat jou foto's op die webwerf sal bly nie; veral met ons werk aan die databasis verwag ons dat heelwat foto's verwyder gaan word.

FotoFunatix speletjie

'n Laaste nota.

My oplaag van FotoFUNatix speletjies is byna uitverkoop. Indien van julle belangstel, om dit nog te bekom, laat weet my gerus. Dit is basies 'n kaartspeletjie wat jou die beginsels van fotografie leer. In Bloemfontein is dit by Kloppers en Protea boekhandel beskikbaar. In Clarens by Bibliophile boekwinkel. Jy kan ook direk by my bestel teen R250.00 wat aflewering in SA insluit (as jy naby Pep Stores is, word dit daar afgelewer).

Sjoe, ek hoop alles maak sin!

Geniet die week!!

Groete

Igno

Views: 66

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on September 28, 2020 at 7:59pm

Baie dankie sover vir die kommentare. Ons hou julle op hoogte soos ons verder gesels :-)

Comment by Tina le Grange on September 28, 2020 at 6:22pm

Beste Igno, baie dankie vir jou nota waaroor ek baie opgewonde is.

Gee bietjie kans om te dink oor nog voorstelle, maar wat ek gelees het klink vir my puik!

Comment by Elna Geringer on September 26, 2020 at 10:46am

Puik plan Igno en ek glo dat baie van ons tegniese probleme dalk so opgelos kan word. Ek stem 100% saam met jou voorstel, vertal die "zoom" gedeelte.

Dankie vir alles wat jy agter die skerms vir ons doen, dit word op reg waardeer

Comment by Tersia Weitsz on September 23, 2020 at 3:43pm

Baie dankie Igno.  Sal dophou en is dankbaar dat fotoskool sal voortgaan, ek het so baie al by julle geleer!    Tans het ek bietjie van n rekenaar probleem en sal het binnekort meer aktief wees.  Groete

Tersia

Comment by Gerrie Lambrechts on September 22, 2020 at 11:30am

Baie dankie Igno, dit klink opwindend. So onderling het ’n paar van ons al gevoel ons kan beslis bydrae tot die Webblad maak. Ek weet nou sowaar nie hoe om in te 'log' nie want my blad is altyd oop.

Sterkte

Groete

Gerrie 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html