Nuutste korrespondensie: kommentaar op fotoskool

Liewe Fotoskolers,

Ek hoop dat dit met elkeen van julle nog goed gaan, en dat julle kameras darem nie in "lockdown" is nie.

So een keer elke twee jaar moet ek almal dalk net weer herinner aan ons ongeskrewe reels vir kommentaar op ander se foto's:

1) As jy negatiewe kommentaar wil lewer, moet liewer nie kommentaar lewer nie. Jou subjektiewe mening is nie noodwendig almal se mening nie, dus moenie iets se soos: "ek hou nie van hierdie foto nie," of "hierdie foto werk nie" ens.

2)As jy opbouende kommentaar wil lewer, doen dit gerus, noem die redes vir waarom jy voorstelle maak. Noem hoe jy dink iets dalk beter kan werk, maar bly positief.

3) Moenie net se 'n foto is "pragtig" of "mooi" nie, se waarom dit vir jou mooi/pragtig is; dan leer die fotograaf wat dit is wat die foto laat werk.

4) Ons is almal aan mekaar se kant, ons staan vir mekaar en ons kommentaar wys dat ons die beste intensies het!

Hoop dit maak sin

Groete

Igno

Views: 37

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html