Ons was vir n rukkie Manyane toe, in die Pilanesberg.

So met die rondry kom ons af op die storie dat daar n seekoei is wat besig is om te kalf.

Nodelos om te sê jaag ons nou na hierdie watergat om die geboorte te gaan belewe. 'n Geleentheid om nooit te vergeet nie. Min mense het seker al so n voorreg gehad om dit te aanskou.

Daar aangekom vind ons die dier wat al vyf dae daar lê in n modder gat nie veel groter as sy self nie. Ons merk sy is ongewoon rustelooos. Die dam water is besig om op te droog en ons is erg bekommerd. Sy maak vreemde geluide  en gaap so af en toe. Dan word daar op die rug gedraai en dan weer op die sy en op daardie sy, haar maag staan n knop en ouma wat saam is besluit dat dit nou tyd is om te bepaal hoever die kontraksies uitmekaar is. Elke drie minute is dit n gerol, gegaap, gekla ensovoorts. Die ure stap aan maar ons wag geduldig.

Teen skemer staan sy op om bietjie te wei maar pluk lusteloos aan n paar grassies.

Ewe skielik skree iemand "DAAR HANG N VOETJIE UIT"

Maar toe ons sien hoeveel water  by die voetjie uit loop besef ons iets is nou rerig verkeerd.

Die "voetjie" is iets wat net n seekoei bul kan hê.

Die teleurstelling was groot toe ons besef dat dit n uitgestote bul was wat ander heenkome kom soek het.

Kersgroete aan almal

Debbie Louw

Views: 166

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on December 29, 2011 at 10:42pm

Debbie - kostelike storie. Ons gesin het lekker gelag vir die "Geboorte"

Comment by Igno van Niekerk on December 26, 2011 at 10:54am

Hallo Debbie!

Baie dankie vir die lekker storie - en so sien ons nie altyd wat ons dink ons sien nie! :-) Groete, Igno

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html