Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ek kyk na baie fotos en wonder soms wat die idee van die fotograaf was toe hulle die foto geneem het. Watse storie hulle probeer vertel het. Vir die wat dit nie besef nie, elke fotograaf moet 'n storie vertel. Maak nie saak watse storie nie maar tog moet dit met die toeskouer praat. Die doel van die fotograaf is mos soos wat hulle in engels sê, "A picture says a thousand words"!
Vertel jou fotos stories? Beplan jy jou foto of is dit sommer net 'n kikkie? Dink jy aan jou eind resultaat en beplan dan daarvolgens? Soms gebruik ons 'n reeks fotos om daai storie te vertel. Ons kan dan ons Foto Opstel gebruik om in meer detail te praat of soms net om iemand te laat lag.
Soos van julle sal weet neem ek voëls af in my spaar tyd omdat dit so uitdaagend is. (glo my, hulle is nooit daar wanneer jy wil hê dat hulle daar moet wees nie, hulle kyk nooit vir jou nie, hulle sit altyd in die skaduwee of kruip tussen die bossies weg). Ek het die laaste week die voorreg gehad om 'n paar visvangers bymekaar te kan afneem en ek het toe my storie aanmekaar gesit.
Ek deel graag met jou.
Jy sal jou vis eet! Ek gee nie om of jy nie daarvoor lus is nie!!
Maar Ma, ek het genoeg van die vis gehad!
Jy sal dit eet!!!...................................................................Ek sal nie!!!!
Luister Boeta!!!! Ek het genoeg van jou nonsens gehad!!
Ok, ok... Kyk... kan jy sien? Ek eet nou daai flippen vis!
Comment
Ek het nou lekker gelag! Dankie Robbie! Ek geniet jou foto's baie!
Dankie almal..
n Wonderlike foto storie....mooi !!!
Baie kostelik Robbie
Baie goed gedoen hou daarvan en dit is so waar elke foto moet iets oordra aan die kykker of daardie storie vertel
Oulik Robbie :-)
Hi Igno - jy is maar skaars op Fotoskool deesdae of hoe ?
Briljant, Robbie!
Baie dankie dat jy met ons deel!
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool