Charles Whitehead's Comments

Comment Wall (38 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 2:53pm on November 1, 2016, Rean3 Keuler-Nortje said…

hi Charles

Hoop dit gaan goed

Ek wil asb raad vra omtrent lense

Watter lens sal jy aanbeveel, my behoeftes is dat ek skerp kwaliteit fotos wil sien. ek moet die lens vir veelvoudige funksies kan gebruik, nl sport, wild, landscaping af en toe.

ek het gedink aan die

Canon ef 70-200mm f/s.8l Isii usm lens  of die canon EF 70-200mm f/s.i L usm lens  watter een sal jy aanbeveel want hierdie is my laaste kans vir aankope  dankie groete Rean3

At 9:35am on April 22, 2015, Hennie Cronjé said…

Baie dankie, Charles!

At 2:57pm on April 18, 2015, Anita du Toit said…

Alweer 'n jaar verby dat ek jou laas gelukgewens het! Hoop jou jaar WAS toe geseend! en dat die nuwe jaar voorspoedig sal wees met al jou aktiwiteite!

At 10:28pm on April 17, 2014, Anita du Toit said…

Geluk met jou verjaarsdag Charles, seenwense op jou nuwe lewensjaar!

At 8:15pm on December 24, 2013, Josef Steyn said…

Dankie Charles. Ja ek geniet die ateljee terdee. Ek het vir my btwee strobes gekoop en ek hoop om een of ander tyd 'n portret of twee te neem, maar intussen neem ek maar blommetjies af. Ek het 'n ou vervalle stoor ingerig en as "venster" het ek 'n groot noor-ooste opening redelik hoog. Die het ek toegemaak met "tonnelplastiek" en dit is 'n halfdeursigtige plastiek wat die mees ongelooflike gefiltreerde lig deurlaat. Beter kan jy nie kry nie. Al my fotos wat ek daar neem doen ek in die oggend wanneer die son daardeur skyn. Dit werk wonderlik.!!!

At 2:06pm on September 10, 2013, Rean3 Keuler-Nortje said…
Hi Charles
 
Baie dankie vir jou leiding, dit is lekker om na iemand toe te kan  gaan wat jy  weet wat jou wil help en nie 'n produk wil afsmeer aan jou nie. Die expo van Canon was hier by ons gehou en dit is waar ek die 85mm F1.2 lens gesien het en dit was ''n produk wat groot aftrek gekry het onder die publiek 
 
 Ek het vir my 'n 7D gekoop en is nog nie eendag spyt nie. Ek geniet my kamera geweldig tydens my sport foto's. Ek het ook April/Mei toelating gekry om nou Vodacom foto's te kan neem by die stadium,
 
Ek is so spyt wat ek sien jy bied 'n werkswinkel aan in Bloemfontein, maar ongelukkig kan ek dit nie bywoon nie wees familie verantwoordelikheid. Jy bied nie dalk op 'n stadium in Bloemfontein 'n bruid werkswinkel aan nie. Ek het al vir Igno gevra per email maar tot dusver nog geen terugvoering gekry nie. Sal graag so iets wou bywoon.
 
Nogmaals baie dankie vir jou hulp en leiding dit gee my geweldige gemoedsrus by aankope dan.
At 8:17pm on April 18, 2013, Anita du Toit said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Charles, hoop jy was vandag lekker bederf en dat jy sommer die hele jaar jou fotografie geniet. Dankie ook vir jou waardevolle bydraes tot ons "pogings".

At 8:03pm on April 18, 2013, Marietjie Whitehead said…

Charlie, baie geluk !  Hoop die komende jaar D.v. sal vir jou 'n voorspoedige en vreugdevolle jaar wees, met goeie gesondheid en hope pret by Fotoskool !

At 8:04am on April 18, 2013, Gerrie Lambrechts said…

Seënwense vir die nuwe lewensjaar, geniet jou dag en lekker verjaar.

 

At 5:27pm on April 17, 2013, Josef Steyn said…

Geluk met jou verjaardag more, Charles. Ons wens jou net geluk en voorspoed toe.

At 10:47am on March 29, 2013, Petro Geldenhuys said…

Baie dankie Charles vir al die inligting en terugvoer. Ek dink ek het nou klaar besluit dit sal maar hierdie Canon 5D Mark III moet wees.  Ek gaan maar net nog 'n rukkie moet spaar 

At 3:12pm on March 28, 2013, Elizma Fourie said…

Hi Petro

Jammer dat ek nou hier inkom, ek het so rukkie terug die Mark III gekoop, en ek is in my noppies so lekker vinnig, kan hoë ISO hanteer met min noise. Jou EFS lense sal nie werk op die kamera nie, maar die ander 3 sal, nie so heel seker oor die Sigma nie, maar ek dink die APO beteken dit kan. Kyk bietjie rond hulle het nou 'n special gehad op die kamera met die 24-105mm lens by. Ek het nog 'n kleiner flash as jy, en kry hom nie remote gewerk met die kamera nie, maar bo op werk dit, Ek self is mos maar lief vir close-ups, en die kamera met die 100mm is lekker. My skoonma het altyd gesê die een nuwe ding soek 'n ander nuwe ding. Nie net moes ek lense begin bykry nie, maar ook my lightroom 3 werk nie met die Mark III nie, en ek moes die sagteware ook opgradeer. Maar ek was nog nooit spyt oor die spul geld wat die kamera gekos het nie. Maar op die einde van die dag dink ek nogsteeds, lense is belangriker as kamera, en moet nie te veel worry oor die flits nie, die ingeboude flitse beteken in elk geval nie veel nie.

At 2:55pm on March 28, 2013, Petro Geldenhuys said…

Baie dankie Charles vir al die inligting.  Ek wil net nog iets uitvind.... die Canon 5D Merk III het geen ingeboude flits nie? So ek kan nie net my kamera gryp en foto's neem nie... ek sal altyd my toerusting moet saamdra. Gaan dit my nie op die lang duur frustreer as ek elke keer die hele sak oral moet saam piekel nie?

Hulle praat ook van HDR "in-camera". Wat beteken dit?  Ek hou baie van HDR foto's ... doen dit presies wat ek nou met 'n program moet doen?

En dan ~ watter lens sal jy aanbeveel, wat iets sal moet wees tussen die twee wat nie "compatible" met hierdie kamera is nie.  Ek het net ongeveer R30 0000 om te spandeer. Of is ek klaar heeltemal uit my budget?

At 9:38pm on March 27, 2013, Petro Geldenhuys said…

Canon lense:  EF 50mm 1.8

Macro Ef 100mm 2.8 USM

EFS 18-55mm 

EFS 55-250  

Sigma DG 150 - 500mm APO hSM

At 3:41pm on March 27, 2013, Petro Geldenhuys said…

Hallo Charles...

Ek het ook alweer jou raad nodig.  My kamera tans is 'n canon 450 D en ek wil ook opgradeer (net soos Shaun van Wezel's). Ek het ook al 'n paar lense aangekoop plus 'n speedlite 430EX II, speedlite transmitter ST-E2 en 'n "remote shutter release".  Ek stel baie belang in die Canon 5D Mark III en doen maar so bietjie navorsing op my eie. Soos ek dit verstaan gaan geen van hierdie lense en toerusting op die 5D pas nie. Ek neem baie close-up's en landskappe.... watter ander canon kamera sal jy dan aanbeveel? Ek wil darem vorder ook en wil nie by 'n intree kamera bly nie. Die 7D weet ek is ook 'n baie goeie keuse, maar soos dit vir my klink gaan hierdie kamera moontlik van die mark af... dan sit ek weer met 'n ou model.  

Dankie dat ek op jou knoppie kan druk

Groete

Petro

At 3:51pm on March 4, 2013, Rean3 Keuler-Nortje said…

Weet jy ek soek 'n lens wat meer geskik is om rugby wedstryde af te neem. Indien jy daarmee vir my leiding kan gee asb.

 

At 2:19pm on April 23, 2012, Joanette Le Cornu said…

Hi Charles

At 9:19pm on April 18, 2012, Martie Venter said…

Baie geluk met jou verjaardag, Charles - hoop dit gaan 'n wonderlike jaar vol opwindende fotogeleenthede vir jou wees!

At 8:28am on April 18, 2012, Marietjie Whitehead said…

Happy Birthday, Charlie !  Hoop die komende jaar sal vir jou 'n baie suksesvolle een wees, veral met dit wat jy alles beplan en wil doen op fotografiese gebied. Baie dankie ook dat jy bereid is om jou kennis en vaardighede met ons fotoskolers te deel !

At 11:20pm on March 21, 2012, Bertie Johan Theron said…

Baie geluk met die feature Charles! Dankie vir jou bydrae en wat ek by jou kan leer!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html