Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Johan, by my kry ek ë met alt 0235 Kyk bietjie of dit vir jou werk
Goeie naand Johan, ek is jammer ek sien nou eers jou navraag, ek kyk nooit hier nie. Maar ek gee vir jou die verstellings met graagte. Canon 70D, 100mm Canon makro lens. f/13, 1/250 sek, ISO 100, flash. Ek hoop dit help, anders, vra gerus weer.
Baie dankie vir jou kommentaar. Ek waardeer altyd baie.
Dankie vir die opklaring Johan. Ek het jou epos verloor. Skryf vir my by josefmsteyn@gmail.com, net sodat ek dit weer iewers kan stoor.
Dankie vir jou kommentaar Johan. Ek het by f6,7 geskiet met ISO 200 en dit het my 'n sluiterspoed van 1/20 sek. gegee. Ek het natuurlik 'n driepoot gebruik. Die fungus was nie baie dik nie (miskien 3 mm) en die velddiepte was amper goed genoeg. As jy kyk na van die punte van die fungus sal jy sien hulle begin sag word. (Veral links bo.)
Dankie vir die kyk johan. Nee die Tibouchina is oorspronklik van Brasilië. Die blomme is besonder mooi.
Johan, jou navraag omtrent my panning foto se verstellings, was:
Shutter Priority; Tv 1/60; Av 10.0: ISO 100;
Johan, jou navraag by Hans se foto. Ek het dit ook op 'n keer ondervind dat my volgrootte beeld klein is. Ek kan nie meer mooi onthou nie maar ek dink dit was omdat die aantal megapixels van die foto te min was. Ek het my foto weer gesave en geplaas en toe was hy reg.
Baie welkom by Fotoskool Johan, hoop jy geniet dit hier.
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by