Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Started this discussion. Last reply by SJ Botha Apr 22, 2013. 11 Replies 0 Likes
Ek is ook 'n groentjie in die fotografie gedeelte. Kan iemand dalk vir my leiding gee watter program die beste is om foto's mee te kan edit. Ek wil 'n keuse maak tussen photo editing of indien daar…Continue
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
Comment Wall (5 comments)
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool
Rean ek weet nie of jy my reply gekry het nie. Ek sal graag meer wil weet oor jou behoeftes en watter lense jy reeds het ens. Dit sal egter beter wees as jy vir my skryf by superfoto7@gmail.com of bel by 045 962 1026. Ek sien egter Charles het 'n goeie stuk vir jou geskryf. Al wat ek kan byvoeg is dat as jy nie te duur wil gaan nie, die Tamron 16-300 mm lens met die makrofunksie dalk ook oorweeg kan word. Dit is waarskynlik die lens wat die naaste sal kom om aan al die vereistes wat jy stel te voldoen. Ek het die lens so 'n week of twee gelede in aksie gesien en ek was nogal beindruk daarmee. Die 16 mm is 'n wye hoek en goed vir landskappe terwyl die 300 mm zoom goed sal wees vir wild as dit nie te ver is nie. Die makrofunksie werk ook baie goed. As ek weer moet begin met fotografie sal dt die enigste lens wees wat ek gaan koop, totdat ek seker is watter ander lense ek gaan benodig.
Hi Rean
Dankie vir jou navraag en ek antwoord graag:
Jy het verskeie opsies, maar kom ons praat net eers gou oor die 70-200 lens. Die 70-200mm van Canon kom in 4 weergawes as mens wil tegnies wees.
Die f2.8 kom met en sonder 'n stabilizer en dan ook die f4 met en sonder stabilizer. Uit die aard van die saak is die stabilized weergawe altyd die beter keuse maar dit kom maar altyd teen 'n prys. Die pryse is huidiglik by ORMS as volg :
1 - 70-200 f2.8 L IS II (weergawe 2) - R32 000 (Baie swaar lens die, 1,5Kg)
2 - 70-200 f2.8 L (geen stabilizer) - R21 000
3 - 70-200 f4 L IS - R20 000
4 - 70-200 f4 L (geen stabilzer) - R11 000
Uit bogenoemde kom jy agter die stabilizer lense is maar duur, maar uit my oogpunt elke sent werd. Dit laat jou dan met die keuse tussen die stabilized f2.8 en die f4. Die f2.8 gaan toelaat dat jy in laer lig kan skiet as die f4, dit is nou indien die diepte van veld nie 'n probleem raak nie. Lense by items 2,3 en 4 is effe ouer generasie en die stabilizer is nie so effektief soos by item 1 nie. Indien jy tussen die bg lense moet kies en jou begroting laat dit toe, gaan vir die f2.8 L IS II. Ek gebruik self so lens en hy verstom my telkemale hoe skerp hy is. Ek het nie die stabielste hande nie, maar ek kry gereeld 'n skerp foto met 1/80 sek teen 200mm uit die hand geneem. Ek kry dit nie met 'n ander lens reg nie !
Jy noem jy soek 'n veelsydige lens vir oa sport, wild en landskappe. Die probleem is egter dat een lens nie al die velde effektief dek nie. Vir sport en wild het jy eintlik 'n langer lens nodig en vir landskappe weer 'n wyer lens
Vir sport en wild het mens minimum 'n 300mm nodig en vir landskappe weer 'n lekker wyehoek soos die 24-105mm L IS f4 van Canon
Jy kan sien dis vir my moeilik om een lens vir alles aan te beveel en elke dissipline in fotografie benodig elke keer iets anders.
Dit is nou 'n wavrag inligting en my voorstel is dat jy dalk moet bepaal waar jou behoefte vir 'n lens is. Een lens kan nie alles doen nie, daar is net te veel veranderlikes. Die lens is egter die belangrikste komponent van fotografie en goedkoop lense moet liefs vermy word.
Laat weet asb indien jy nog duidelikheid verlang en sterkte met jou keuses
Groete
Charles
Die inligting is n plesier om te deel en te help. Dis jammer jy kan nie die kursus maak nie, maar dis hoe dinge mos maar gaan. Ek en Igno beplan om die einde van Oktober, die 26 en 27ste (hele naweek) ook n troufotografiewerkwinkel te hou met sommer lekker baie inligting. Hou fotoskool dop vir verdere inligting
Groete
Charles
Renee, ek het nou-die-aand die maan afgeneem en ek het 'n zoom lens gebruik 100-400mm heeltemal uitgezoom tot 400mm. Ek moes in manual werk en alles daar verstel. Werk op jou kamera se live view, kies dan bv. f/11, stel die lens se fokus op oneindig en verstel dan die sluiterspoed totdat die beeld reg lyk. Jy kan dan, as dit nodig is, deur die beeld op die live view te vergroot, fokusverstellings doen. As jy meer outomaties wil gaan kan jy aperture priority kies, f/11 kies, die kamera se ligmeter instel op 'spot metering", die middelste fokus kolletjie op die maan sit en die kamera behoort dan die regte sluiterspoed te kies. Ek het 'n redelike foto gekry met manual, maar mense wat die maan meer dikwels afneem mag dalk beter raad he. Sterkte.
Rean - Ahh, dit verander die prentjie bietjie. Vir rugby staan mens gewoonlik by een van die doelpale en jy het maar so bietjie 'n langerige lens nodig. Daar is verskeie opsies beskikbaar, maar sonder om die bank te breek dalk die volgende :
Onthou net dat die lens is belangriker as die kamera waarmee jy die foto neem. Op 'n stadium gradeer jy jou kameras op, maar die lense bly werk indien jy goeie kwaliteit koop. Ook bepaal die lens die foto kwalitieit meer as die kamera self. Koop dus die duurste lens wat jy kan bekostig
Groete en laat weet as daar nog iets is.