Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Posted on December 24, 2011 at 11:30am 9 Comments 5 Likes
“Pappa, jy mag nie vir my jok nie!” Dis my jongste aan die woord met ‘n ernstige kyk in haar oë. “Is Kersvader regtig?”
Dit was een van daardie rigtinggewende oomblikke. Ek moes fyn dink. Uiteindelik, nadat ek my in ‘n splitsekonde beroep het op al my professionele en persoonlike ervaring, kom my versigtige antwoord: “Dit hang af wat jý kies om te glo.”
Ek kon die vraagteken in haar oë sien en ek verduidelik toe verder: “As jy kies…
ContinuePosted on July 2, 2011 at 9:14am 12 Comments 4 Likes
Fotografie verander ‘n mens. Of ten minste verander dit jou persepsies. Dis asof die kameralens jou wêreldbeskouing verbuig en jy dinge anders begin beleef. Want ... jy fokus!
“Waar was hierdie filosofiese insigte jare gelede gewees toe ek “clueless” in die Wysbegeerte klas gesit het?” wonder ek in my enigheid. Ek het niks van die vak gehou nie en dit so vinnig as moontlik…
ContinuePosted on June 20, 2011 at 8:41pm 12 Comments 5 Likes
Daar is 'n foto in elke geleentheid...
"Kwasie-filosofiese psigobabbel of werklikheid?", het ek in my enigheid gewonder. Gemotiveerd deur my en Emil se Glen foto-ervaring het ek verlede Sondag besluit om die pad te vat en hierdie stelling eksperensieel te ondersoek. Hierdie keer net met my kamera as metgesel, en die Kimberleypad wat deur die kar se wiele opgevreet word.
Soos wat die wiele versadig begin word het, het ek gewonder of hierdie…
ContinuePosted on June 12, 2011 at 2:56pm 18 Comments 12 Likes
Rudi, van my kant af ook, veels geluk met jou verjaardag; mag die nuwe lewensjaar gevul wees met baie vreugde en goeie gesondheid en ek stem saam met Gerrie, ons wag vir jou foto's wat vir ons 'n inpirasie is.
Hi Rudi ek weet nie of jy kom inloer nie. Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag daar vele meer pragtige foto's wees wat jy ook met ons gaan kom deel. Geniet die dag.
Hehe Rudi, die studies het darem net met tyd op Fotoskool ingemeng en nie met fotos neem nie, maar ek hoor jou.
Hi Rudi, het bietjie deur jou fotos geblaai. Pragtig en 'n inspirasie! Ek was bietjie stil hierdie jaar, met studies besig gewees, hoop om volgende jaar weer meer aktief te raak op die blad en fotos te neem.
Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Rudi. Hoop dit sal 'n wonderlike jaar wees vir jou, met hope fotopret !
Veels geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het die dag geniet en is lekker bederf. Waar is jou foto's?
Baie dankie Rudi!
So jy het ook die Duitser gekyk? Daai valves lyk vir my baie soos die goed waarmee hulle die koeie melk, ek sal maar eers hou by my sakkie. Ek het more heeldag tot my beskikking, en niemand om voor kos of huis te hou nie, so ek dink more is weer waterdag.
Baie dankie vir jou mooi comment Rudi... jou foto's is 'n paradysfees... lieflik en uit die boeke!
lieflik dag
Nou toe nou, welkom terug Rudi!!!!
© 2021 Created by Igno van Niekerk.
Powered by